'Dit gaan oor die ervaring en die herinneringe'
"Geld was nooit ’n ding nie, dit was nooit deel daarvan nie. Dit het vir my nog altyd gegaan oor die passie en die impak wat ons kan hê. Dit gaan oor die ervaring en die herinneringe wat mense bybly," sê Ndilimeke Ndambinga, ’n geleentheidskoördineerder vir die Namibia Creative Summit. Ndilimeke
was ook saam met Mindscape Events nou betrokke by van die land se grootste musiekfeeste soos Rock ’n Roll Namibia en die Nigeriese musikant Burna Boy se kuier in Namibië vir sy Love, Damini-toer.
"Die begeerte wat ons het vir Mindscape Events is dat dit groter as ons moet wees," sê Ndilimeke.
Sy vertel sy het reeds in 2012 begin om verskillende geleenthede te reël. "Ek het huwelikseminare en seminare vir enkellopendes gereël vir die instelling waarvoor ek toe gewerk het. Toe hulle ongelukkig hul deure moes sluit, het ek aanbeweeg na geleenthede soos die Heal Our Land-konsert," sê Ndilimeke en beklemtoon dit is haar passie wat haar lei.
Dit was vir haar ook ’n voorreg om gospelmusiek se platform in Namibië uit te brei met die Namibië Gospelmusiek-toekennings. "As jy kyk na Christelike musiek, is daar so ’n klein deel wat na gospelmusiek kyk. Dit is deel van my - ek glo in God en God is deel van my," sê sy.
Volgens haar kan die 'groot' persoonlikhede waarmee sy soms te doen kry in haar bedryf, nie haar passie blus nie. "Jy kry onbeskofte mense en jy kry gawe mense. Daar gaan altyd dié wees wat dink alles moet op hulle manier gebeur."
Ndilimeke sê haar werk het haar juis geleer het om met verskillende soorte mense oor die weg te kom. "Ek het besef dat ons almal verskillende persoonlikhede het en om te verstaan dat ons almal anders is. Dit het verander hoe ek verskillende persoonlikhede en mense wat oor my pad kom, verstaan," sê sy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie