Dit kóók in Barry se kombuis

Stel jongste resepteboek bekend
Jy ken hom dalk as The Movie Guy wat sy vinger op die pols het van stories en mense op die silwerdoek. Sy rou en eerlike skrywes oor sy geestelike reis. Maar Barry de Klerk is soveel meer as rolprentfoendie en skrywer, die man kán kook en dit met 'n Namibiese 'twist'!
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Ja, hy was maar nog altyd lief vir kosmaak, erken Barry op ’n vraag of die kosgogga hom vroeg in sy lewe al beetgekry het.

Natuurlik het dit, hy het immers op die brose ouderdom van drie sy eerste sjokoladekoek probeer bak.

“My ouers het my vertel dat ek van kleinsaf my ma in die kombuis wou help. Toe ek ’n tiener was, het ek wel ’n bietjie gestop met kosmaak, maar ek was altyd eerste daar as ons moes braai!”

Soos hy ouer geraak het, het Barry meer – danksy die invloed van sy ma en Food Network – op nuwe resepte begin fokus. As hy reg onthou, was een van die eerste resepte waarmee hy self vorendag gekom het, ’n burger, ’n resep wat hy tien jaar later steeds gebruik, vertel Barry.

Vir hom is die lekkerste deel van kosmaak om te sien hoe mense proe en smul aan die dis wat hy geskep het.

“Ek wil altyd iets buite die boks maak en het so al ’n paar keer mense kos laat proe wat hulle nog nooit vantevore geken het nie!”

Barry glo kos is iets wat “ons almal kan saambring”.

“Dit leer ons van verskillende kulture en ’n mens kan baie van iemand net deur hul eetgewoontes leer.”

Hy geniet dit om sy resepte met ander te deel en hoop hulle geniet dit so baie dat hulle nog wil hê, of dat hy hulle moet leer om dit ook te maak.

Barry is baie lief vir lasagne en dis iets wat hy ook baie graag maak. Hy spog ook met sy eie pastaresep en erken hy sit soms ’n bietjie spek by die maalvleis. Sy gunstelingnagereg is malvapoeding.

Oor sy jongste resepteboek Eat Like A Namibian Everywhere wat die pas lig gesien het, vertel Barry hy werk gewoonlik volgens ’n tema wanneer hy dit saamstel en kyk na watter resepte hy kan aanpas om by die tema te pas.

“Met my eerste resepteboek was dit anders, ek het net gekyk na alles wat ek oor die jare gemaak het en uit die resepte gekies.”

Oor die vraag waarom ’n resepteboek met ’n Namibiese ‘twist’, sê Barry hy dink nie baie mense het juis Namibiese resepteboeke in hul huise nie.

“Dalk ’n boek van ’n ouma, maar dis nie resepte wat jy met enigiemand deel nie. Ek het gedink dis tyd om die resepte wat my ma gemaak het en dit wat ek geleer het, met ander te deel.”

Wat sy jongste resepteboek uniek maak, is dat Barry internasionale geregte gevat en dit ’n Namibiese ‘twist’ gegee het. Soos ’n burger wat jou laat dink aan boerewors op die kole of pasta met biltong.

Al die resepte in die boek het Barry self uitgetoets, hy moes immers seker maak sy ma was gereed om haar geheime te deel!

Die res is alles resepte waarmee hy self oor die laaste paar jaar mee vorendag gekom het. Sy gunstelingresep in die boek is die Cola Varkrib wat hy erken “ek kan dit elke dag oor en oor maak!”

Toe die resepteboek klaar is, het Barry met ’n videoreeks op YouTube begin wat natuurlik op die kuns van kosmaak fokus.

“Ek sal vir die volgende paar maande op dit fokus en hopelik kom ek op met idees vir nuwe resepte om nog ’n boek te skryf.”

Oor maklike wenke vir lekker kos wat hy in sy jare se ervaring geleer het, deel Barry dat jy die meeste van die tyd wanneer jy braai net sout en peper en miskien ’n bietjie knoffelbotter nodig het.

“’n Steak het net sout, peper en knoffelbotter nodig, en ’n hamburger net sout en peper. Soms will ons fancy wees en verskillende speserye bysit, maar dit neem net weg van die vleis se smaak.”

Tot vandag toe gee hy nie om om heeldag om ’n rooster te staan en verskillende resepte by ’n braai uit te toets nie en dit is ook sy resep vir sappige varkribbetjies – in die oond of op die rooster – wat hy uit sy boek deel.

Eat Everywhere Like A Namibian is as e-boek teen N$50 op sy webblad

https://barry-thewriter.company.site/Eat-Like-A-Namibian-Worldwide-PDF-Edition-p669338830 of op Amazon: https://www.amazon.com/dp/B0D5PST6XT beskikbaar.

As jy kosstories met Barry wil gesels, stuur vir hom ’n e-pos na [email protected].

GRYS BLOK

Perfekte ribbetjies

Bestanddele

1 - 1,5 kg varkribbetjies

2 teelepels bruinsuiker

1 teelepel braai/braaivleisspeserye

1 teelepel gerookte paprika

1 koppie mosterd

1 koppie braaisous

Halwe koppie blatjang

2 teelepels Worcesterhire-sous

1 Coke

1 knoffelhuisie (gekneus)

Sout en peper

Metode

1. Verwyder die membraan aan die onderkant van die ribbes. Smeer met die helfte van die koppie mosterd.

2. Meng die bruinsuiker, speserye, paprika, sout en peper en strooi oor die ribbetjies. Maak seker om dit goed in te vryf. Bedek en laat dit vir 2 tot 12 ure staan om te marineer, afhangend van wanneer jy wil eet.

3. Voorverhit die oond tot 140 ℃. Voeg die Coke by in die oondbak, bedek die ribbetjies en maak toe met foelie.

Bak vir 2 tot 3 ure en verwyder.

4. Meng die res van die mosterd, braaisous, blatjang, knoffel en Worcestershire-sous en bedruip die ribbetjies. 5. Sit dit onbedek terug in die oond of op jou braairooster vir 10 tot 15 minute en onthou om die ribbetjies gereeld te bedruip.

Die ribbetjies is ’n wenner saam met aartappelskyfies en uieringe

(Eat Like A Namibian Worldwide – Barry de Klerk)

Kommentaar

Republikein 2024-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:31, High tide: 13:01, Low Tide: 19:03, High tide: 01:21 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:59, Low Tide: 19:01, High tide: 01:19 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:29, High tide: 12:58, Low Tide: 19:01, High tide: 01:18 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.9 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007