‘Dit was ’n voorreg’

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Sy het verwag dit sou nie maklik wees nie en dit was inderdaad “baie moeilik”, erken Rene Strauss oor haar en Michelle Steenkamp se suksesvolle deelname aan die afgelope naweek se Cape Town Cycle Tour.

Rene en Michelle het die gewilde fietsren aangepak en suksesvol voltooi om geld vir All4TheBabies in te samel. Laasgenoemde is deur Rene en Michelle in die lewe geroep om geld vir Ruach Elohim, ’n veilige en liefdevolle tuiste vir kwesbare babas en kinders in Swakopmund, in te samel.

“Die kopwind het dit nog moeiliker gemaak, maar dit was elke poging werd om dit vir All4TheBabies te doen,” vertel Rene.

“Toe die fietsren begin, kon ek nie die roete onthou toe ek dit in 2018 gedoen het nie. Dit was daarom in ’n mate vir my ’n kultuurskok. Maar dit was ’n eer en ’n voorreg om dit vir Ruach Elohim te kon doen. Die geld wat ons insamel, sal help met die daaglikse uitgawes in die versorging van die babas. Ons is ongelooflik dankbaar vir die ondersteuning van die gemeenskap!”

Mense wat graag All4TheBabies wil ondersteun, die bankbesonderhede is rekeningnommer 64281439644, takkode 280 472, verwysing: Argus2024.

Rene kan vir verdere navrae gekontak word by 081 248 1604.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!