Dorfling ‘amper op die been’
Sterk aan na fratsongeluk
'n Bekende in landboukringe sterk by huis aan nadat hy verlede week in 'n ongeluk betrokke was waar 'n lorrie se band sy motor getref het toe hy dit wou verbysteek.
Barend Dorfling, ‘n bekende keurder in landboukringe wat ook dikwels as beoordelaar in nasionale skouringe te sien is, het gister gesê hy sterk reeds by die huis aan ná hy verlede week in ‘n motorongeluk betrokke was.
“Dit gaan elke dag ‘n klein bietjie beter, ek is oraait en ek is op die been,” het Dorfling gesê.
Die ongeluk het verlede week Woensdag buite Grootfontein plaasgevind, toe Dorfling ‘n lorrie wou verbysteek en een van die lorrie se bande klaarblyklik gebars het en sy motor getref het. Sy motor het gerol.
Dorfling is ná die ongeluk na Windhoek geneem en in die Lady Pohamba private hospitaal opgeneem.
“Die frakture wat ek aan my skouer en heup opgedoen het, moet nou net gesond raak. Hulle kan dit nie regtig dokter nie. Wat my nou die meeste pla, is die gebreekte rib,” het Dorfling gesê. Hy het ook frakture aan sy kakebeen en die basis van sy skedel opgedoen.
Skanderings in die hospitaal het getoon hy het gelukkig nie enige breinskade of ander meer ernstige beserings in die ongeluk opgedoen nie. Hy is dienooreenkomstig ook die afgelope Sondag uit die hospitaal ontslaan om verder by die huis te gaan aansterk.
“Ek sal seker vir nog so drie weke buite aksie wees, maar dit gaan elke dag ‘n bietjie beter met my.”
Dorfling vertel die ongeluk het so 10 km voor Grootfontein gebeur. “Ek was op pad huis toe, ek het al die huis gesien,” vertel hy.
“Ek kan self nie presies onthou wat tydens die ongeluk gebeur het nie. Toe ek by die lorrie wou verbysteek, hoor ek ‘n helse slag. Die bakkie het begin rol en toe verloor ek my bewussyn. Toe ek weer wakker word, lê ek en die bakkie doer teen die draad,” het hy vertel.
Dorfling sê een van sy werkers wat saam in die ongeluk was, het niks oorgekom nie.
Nog ‘n Grootfonteiner, Danie van Wyk, wat in daardie stadium agter Dorfling gery het, het die ongeluk sien gebeur. “Hy was die eerste een op die toneel. Hy sê hy het gesien hoe die lorrie se wiel afkom en my tref.
“Dit was eintlik ‘n fratsongeluk. Daar was baie genade en ek is baie dankbaar daarvoor – ons is amper weer volstoom aan die gang,” het Dorfling gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie