Dorinda bekoor met gehekelde handsakke
Maak ook kinderrokke met die hand
Vroeër jare was dit nie genoeg om net slim te wees nie, jy moes ook met jou hande kon werk, sê Dorinda Pieters-Mwarania.
“My seun het ’n foto van ’n ingevoerde gehekelde handsak vir my gestuur en gesê: ‘Ma, die handsak lyk honger [swak gemaak], maak tog een en gee vir ons mense ’n gehalte- handgemaakte handsak,” het Dorinda Pieters-Mwarania gesê.
Haar ma het haar al van kleins af geleer hekel.
“Jy weet, in die ou dae was dit nie genoeg dat jy net slim op skool was nie; jy moes ook iets met jou hande kon doen. My ma het gehekel, my ouma het klere gemaak en my oupa het met leer gewerk en onder andere vellies en hoedens gemaak.”
Dorinda is op die familieplaas net buite Groot Aub gebore. In 2010 het sy terug na haar dorp getrek.
“My oupa, Kenneth Abrahams, is oorlede en ek het teruggetrek om my ma en ouma te versorg en sodat my ouma tussen haar mense kon wees.”
Die familie het aanvanklik in ’n blou sinkhuis gewoon.
“Ek moes ’n keuse maak. Of my mense eet elke dag ordentlik en ons bly in ’n pondokkie, óf ons betaal duisende en woon in ’n baksteenhuis.
“Ek moes oumense en my skoolgaande kinders versorg, so dit was ’n maklike keuse. Ek is egter nie die uitsondering nie; daar is duisende Namibiërs wat elke dag dié keuse moet maak. Al my kinders is deur die skool en het werk al het hulle in ’n pondokkie grootgeword. Dit maak geen verskil aan hoe suksesvol jy in die lewe is nie.”
Dorinda vertel dat die oudpolitikus Ben Amathila op ’n dag ná onafhanklikwording besoek by haar oupa afgelê het.
“My oupa en ouma was in die bevrydingstryd betrokke. Al het hulle in die land gebly, het hulle hier hulle deel gedoen en vir Amathila en Helmuth Angula en so gehelp. Hulle het net nooit in exile gegaan nie. My oupa was ’n veteraan en Amathila het toe die minister van veteranesake genader en my oupa en ouma het ’n baksteenhuis hier op Groot Aub gekry.”
Haar pa was van Suid-Afrika en toe sy klein was het hy daarheen teruggetrek.
“Jy hoor stories wanneer jy klein is, maar jy dink tog altyd dat hy jou eenvoudig net gelos het. My broer het regte in Botswana gaan studeer en hy het ’n saak gekry wat hy moes leer en studeer. Dit was die saak waar my pa uit die land gegooi is. Hy het ons nie verlaat nie, hy is die land belet. Hy mag nooit weer terugkom nie.”
HEKEL
Dorinda maak ook rokke vir kinders. Die rokke word gehekel en is ook van materiaal gemaak.
“Ek kan ook ’n rok vir ’n groot vrou maak, maar dit gaan baie duur wees aangesien die gare duur is. Kinderrokke vat baie minder gare. Alles wat ek maak is met die hand gemaak. Hier is geen masjien naby nie.”
Sy bestee baie tyd op Pinterest om idees te kry.
“Ek sien baie kere iets en dan wil ek dit maak, maar dit lyk nooit soos die foto nie. Sodra ek begin, verander ek hier iets, maak iets daar beter of sterker. Ek doen gedurig veranderinge en verbetering want ek kan die tekortkominge sien en dan lyk dit anders.”
So ook met die handsak wat sy gehekel het.
“Ek het vir die handsak ’n lining gegee, want ek dink net elke vrou verdien ’n mooi lining in haar handsak. Dit lyk ook baie mooier en netjieser. Ek het ook ’n sak ingewerk. Ek het ook die onderkant van die sak twee lae gehekel sodat die handsak op sy eie kan staan. Dit is die goed wat ek bysit om die produk mooier, duursamer en uniek te maak. Daar sal nooit twee van dieselfde handsakke of rokke wees nie.”
Sy hekel ook babaskoene wat ook twee lae vir die sole het sodat die babavoetjies sag kan trap.
Volgens Dorinda bestaan daar nie ’n konsep soos 'dit kan nie gehekel word nie' of 'dis te moeilik' nie.
“Jy het die idee, ek kyk op Pinterest en maak dit vir jou met my eie verbeterings en versterkings.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie