Draf sewe marathons op sewe vastelande kaf
“Ek kon letterlik eers by die laaste omdraai van die laaste rondte vir myself sê die droom van die Sewe Kontinente-marathonklub het ’n werklikheid geword.
“Met slegs die Uruguaanse vlag en die majestueuse gletser as getuie, het ek sommer lekker aan die grens gegaan so in die hol, lag en trane deurmekaar.
“Ek het skielik besef dit was verby, en dat ek nog nie heeltemal gereed was vir die finaliteit daarvan nie,” het Riana Scholtz (44), wat so pas in die gesogte Sewe Kontinente-marathonklub opgeneem is, gesê.
Sy het die Antarktika-marathon op die King George-eiland voltooi.
Die klub het in Januarie 407 lede gehad, waarvan 306 mans en 101 vroue is.
Riana draf nog haar hele lewe lank en sy het eers ná die geboorte van haar oudste kind in 2011 begin om langer afstande te hardloop.
In 2015 het sy haar eerste marathon voltooi.
“Ons het pas Uis toe getrek en ons lewens het ’n totale ommeswaai gemaak; ons het alles wat ons ken in Swakop agtergelaat. Ons wou meer bewustelik lewe en uit die ‘rat race’ kom.
“Die verandering was nogal ’n skok vir my sisteem, omdat ek nie geweet het wat om met so baie vrye tyd te maak nie. Ek het begin hardloop, en heelwat verder as gewoonlik.
“Ek moes ook gewoond raak aan ‘trail running’ omdat daar geen teerpaaie in Uis is nie, en dit eentonig en stowwerig was om op die grondpaaie te draf.
“Ek het die vlaktes en koppies gekies. Dit was ’n reuse-aanpassing, maar met die tyd het die gogga gebyt en vandag verruil ek die klipperige paadjies van Damaraland vir niks,” het sy gesê.
Haar eerste marathon was die Zermatt-marathon in Switserland.
Sy het dié marathon gekies aangesien haar man, Nico, die Matterhorn-bergpiek wou klim.
“Ons ekspedisies word só beplan dat hy kan bergklim en ek kan hardloop.
“Met die dat ek op my eie op Uis geoefen het – sonder plan of raad – was ek bitter onvoorbereid vir die wedloop. Ek het die marathon met groot moeite betyds voltooi. As dit nie vir die wonderskone uitsigte van die valleie en sneeubedekte piekte van die Switserse Alpe was nie, weet ek nie.”
Ná die marathon het sy ’n verjaardaginskrywing van Nico vir die 2016 Great Wall-marathon gekry. Kort ná dié marathon het sy van die Sewe Kontinente-marathonklub gehoor en besef sy het reeds drie van die sewe voltooi.
ANTARKTIKA
“Ons is met ’n rubberboot na die oewer geneem waar ons ons buitenste waterdigte klere en stewels op hopies op ’n seil moes uittrek en dadelik gereed moes maak om te begin hardloop.
“Dit was bitter koud en die wind van 30 knope het dit kouer laat voel.
Toe ons by die beginpunt staan, het dit begin sneeu. Iemand het opgemerk dat die pikkewyne kom kyk het, en op daardie oomblik was die senuwees iets van die verlede.
“Die roete was op die 3,5 km-paadjie tussen die Russiese Bellingshausen-navorsingstasie en Artigas, Uruguay se navorsingstasie. So een rondte was 7 km in totaal, en ons moes dit ses keer hardloop.
“Gelukkig het die son die meeste van die tyd geskyn, so ons kon uitsigte van gletsers, ys en sneeu geniet om ons aandag van die moeilike omstandighede af te neem.”
Sy sê aan die begin was daar baie ys wat later modder en waterpoele geword het.
“Aan die begin het ek wyd om die poele probeer hardloop. Ek het later die kortste pad deur die middel gekies, want ons almal was reeds nat en vuil.
“Die wind het op sommige plekke sterk gewaai, en ons moes vorentoe leun om oor die weg te kom. Selfs die sterk voorste hardlopers het houe gevat en sou later vertel dit was van die moeilikste wedlope wat hulle al voltooi het. ”
Antarktika was vir Riana ’n reuse-droom en sy het talle kere gevoel dit gaan net ’n droom bly.
“Die droom was net té groot om te begryp; selfs toe ons al op pad was, het dit onwerklik gevoel.
“’n Mens het bly wonder of die resies op die wit vasteland ooit sou plaasvind toe daar boonop ’n storm in die Drake Passage uitgebreek het. Nou het ek hom en my droom is bewaarheid.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie