Drie-en-twintig jaar op ’n unieke manier gevier
Sedert die Windhoek Life Change Centre (WLCC) in November 2001 gestig is, het dié inisiatief reeds talle kwesbare mense ondersteun.
Vir die 23ste herdenking van die WLCC se onbaatsugtige werk het Stephan Schoeman in November 1 679 km op sy fiets afgelê om fondse in te samel en bewusmaking vir die WLCC te skep.
Dirk Crous van die WLCC het ook 23 kilometer op 30 November gehardloop om 23 jaar te herdenk as huldeblyk aan die WLCC se werk oor die jare.
Die sentrum poog om nie net onmiddellike nood te verlig nie, maar om ’n langtermyn-impak te maak deur volhoubare oplossings te implementeer.
Die WLCC verskaf onder meer kos aan vyf skole en 17 preprimêre skole waar honderde kinders etes ontvang, en ondersteun verskeie sopkombuise asook talle bejaardes.
In totaal ondersteun die WLCC elke maand tussen 5 000 en 8 000 mense.
“WLCC wil graag sy opregte dank uitspreek aan almal wat hul tyd, hulpbronne en fondse gedeel het,” het die WLCC in ’n verklaring gesê.
Diegene wat tot die WLCC se werk wil bydra, word aangemoedig om met die organisasie in aanraking te kom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie