Drie Kersfeesbabas in Erongo gebore
Twee hospitale in die Erongostreek het sedert middernag drie kosbare bondels vreugde in die wêreld verwelkom. 'n Babaseuntjie is middernag by die staatshospitaal op Usakos gebore en die tweede baba wat in dié streek op Kersdag gebore is, was ook by die Usakos-staatshospitaal gebore. 'n Babadogtertjie is omstreeks 08:00 by die staatshospitaal op Omaruru gebore.
Geen babas was by die Walvisbaai-staatshospitaal of Welwitchia-hospitaal op Walvisbaai verwag nie en volgens hospitaalpersoneel is geen baba's tussen middernag en vanoggend in Swakopmund se staatshospitaal gebore nie.
Verlede jaar het die Walvisbaai se hospitale drie babas (twee seuns en een meisie) op Kersdag in die wêreld verwelkom. ’n Seun is in die Walvisbaai-staatshospitaal gebore terwyl nog ’n seun en meisie by die Swakopmund-staatshospitaal gebore is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie