Dubbele tragedie tref Keys-familie

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht –

Die Keys-familie van Windhoek is die afgelope twee weke swaar getref, nadat die familie beide ’n pa en seun aan die dood moes afstaan.

Mnr. Cecil Keys, oudinwoner van Tsumeb, is op 18 Julie oorlede en sy roudiens is sowat ’n week later op 27 Julie 2022 gehou. Agtien dae later het sy en Joey se seun, Quintin Keys, in ’n gru-ongeluk op die Kupferberg-pad verlede Vrydag gesterf.

Cecil word buiten sy vrou, Joey, oorleef deur sy dogter Marizanne Wynjeterp, skoonseun, Corné en twee kleinkinders, asook sy seun, (wyle) Quintin Keys en twee kleinkinders, Daymon Keys en Marichelle (Keys) Tietz, en twee agterkleinkinders.

Quintin word oorleef deur sy lewensmaat, Lenette van Wyk, sy seun Daymon en skoondogter Deune en hul twee dogters, asook ’n dogter Marichelle (Keys) Tietz en skoonseun Stefan.

Quintin se roudiens vind vandag om 14:30 vanuit die NG Kerk Academia plaas.

Die Keys-familie het intussen alle vriende, belangstellendes en kennisse bedank vir al die ondersteuning en meelewing met die verlies van hul twee geliefde steunpilare.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!