Duursame bed vir elke troeteldier

Tanja Bause
Op die plaas Weissbrunn sowat 20 kilometer buite Kamanjab word duursame beddens vir troeteldiere met die hand gemaak.

Stefni de Jager maak dié beddens in drie verskillende groottes uit gebruikte buitebande.

“Ek doen dit al drie jaar lank, so langs my pluimveeboerdery. Ek het iets op die internet vir my tuin gesoek toe ek op die hondebeddens uit gebruikte bande afgekom het.

“Ek het my seuns in Windhoek gekontak en gevra of hulle van dit hou en of hulle so iets vir hul troeteldiere sou koop. Hulle het my onmiddellik aangemoedig om daarmee te begin. Ek het ’n groot liefde vir diere en dit maak my bly as hulle kan sag en warm slaap.”

Stefni kry die gebruikte bande van die boere in die omgewing of van besighede wat die bande nie meer gebruik nie.

Sy versier die bande in verskillende kleure met ’n spuitpistool.

“My man het dit aan die begin vir my gedoen, maar dit het baie tyd van sy boerdery af gevat en toe leer hy my om die verf te meng en die spuitpistool te gebruik. Nou doen ek alles self. Die buitebande word gespuit en dan versier ek hulle met die hand.

“Ek sny ook die materiaal vir die kussings. Ek het ’n vrou wat my help om die kussings te werk en te stop. Ek is baie kreatief, maar glad nie kunstig nie.”

Stefni se motivering is haar kliënte se terugvoering.

“Wanneer ek foto’s kry waar hul troeteldiere in die beddens lê, dan weet ek nog ’n hondekind slaap lekker warm en sag. Hulle lê in ’n bed wat nie tot niet sal gaan nie. Ek word ook deur my man, Detlef, en my familie gemotiveer en elke bed is uniek.”

Sy maak ekstragrootte beddens uit vragmotorbande, groot beddens uit bakkiebande en kleiner beddens uit sedanmotorbande.

Stefni probeer haar kliënte so ver as moontlik akkommodeer.

“Wanneer mense nie kry waarna hulle soek nie, dan probeer ek dit kry of gee ander opsies. Ek lewer beddens oraloor Namibië af en die verste wat ’n bed al afgelewer is, is op Lüderitz. Ek gaan ook my beddens by Elisenheim se aandmark op 31 Maart uitstal.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!