Die voormalige presidentsvrou, Monica Geingos, saam met die huidige eerste dame, Sustjie Mbumba, tydens wyle president Hage Geingob se begrafnis die afgelope naweek. Foto Limba Mupetami
Die voormalige presidentsvrou, Monica Geingos, saam met die huidige eerste dame, Sustjie Mbumba, tydens wyle president Hage Geingob se begrafnis die afgelope naweek. Foto Limba Mupetami

Eerste dame ‘het ’n hart vir mense’

Elizabeth Joseph
Elizabeth Kheibes – Namibië se nuwe presidentsvrou, Sustjie Mbumba, word beskryf as die verpersoonliking van vriendelikheid deur mede-vryheidsvegter, Ellen Musialela, nadat sy geen tekens van wraak getoon het vir die trauma wat in die Lubango-kerkers (dungeons) verduur is nie.

Musialela het Mbumba as ’n versorger en ’n ma met ’n groot hart beskryf en gesê haar karakter het nooit verander nie, selfs ná die vryheidstryd.

“Sy het ’n hart vir mense en is van nature ’n ma. Sustjie is mal oor kook en is saggeaard. Sy het nooit een keer gepraat of gedink oor wraak ná die stryd in Lubango in Angola nie. Dit is deel van die vryheidstryd en mens wil nie te veel in detail gaan nie.

“Sy is ’n baie goeie mens en sy het nooit verander of bitter geword oor haar verlede nie. Ek sal nie eers probeer beskryf wat daar gebeur het nie, maar baie mense wat deur dieselfde gegaan het, het bitter en vol wraak teruggekom, maar nie Sustjie nie,” het sy gesê.

Verder het Musialela gesê wat tydens die vryheidstryd gebeur het, was ’n “lelike stukkie geskiedenis” wat nooit beskryf kan word nie.

Sy onthou dat sy Mbumba in die 1980’s in New York ontmoet het en later saam met die presidentsvrou in Angola gewoon het, waar hulle onmiddellik ’n susterskap gevorm het wat dekades sou hou.

PRIVATE LEWE

Die voormalige Ombudsman en vriendin van Mbumba, Bience Gawanas, het haar as ’n private mens beskryf en iemand wat privaatheid koester en dit is hoekom Namibiërs so min van haar weet.

“Sy was nog altyd daar. Sustjie is sedert onafhanklikwording die eggenoot van president Nangolo Mbumba, so dit is vreemd dat mense nou wil uitvind wie sy is en waar sy vandaan kom.

“Mense weet dalk nie dat sy ’n baie private mens is nie, daarom sien mense haar nou eers raak. Sy is nie ’n openbare persoon nie,” het sy gesê.

Gawanas sê in die laat 1970’s het Mbumba deur die Gobabis-grens landuit probeer vlug, maar is in hegtenis geneem. Sy voeg by dat Mbumba, nadat sy daardie struikelblokke oorkom het, ’n beurs ontvang het om mondhigiëne in Jamaika te studeer en later in daardie veld in vlugtelingkampe in Angola sou dien.

“In die verlede, toe ons aktiviste in die land was, was jy óf deel van die Swapo-jeugliga óf die Swapo-vroueraad en Sustjie het in die vroueraad gedien. In die vlugtelingkampe het sy saam met die voormalige adjunk- eerste minister, Libertina Amathila, gewerk om na die gesondheidsbehoeftes van die vlugtelinge om te sien.

“In Cuanza Sul het sy voortgegaan om mense te help met haar breë kennis van mondhigiëne,” het Gawanas gesê.

Mbumba is in 1951 gebore en getoë in die suidelike dorp Rehoboth en is volgens Gawanas ’n ware dogter van die aarde.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!