‘Ek glo in harde werk, God en gebed’
Morgan’s Kitchen brei uit
Moet nooit stilstaan by wat mense sê nie; fokus altyd daarop om seker te maak dat jy die beste weergawe van jouself is. So sê die eienaar van Morgan's Kitchen.
“My motto in die lewe is; werk harder sodat jy nie jouself hoef voor te stel nie. Toe ek niks gehad het nie en swaargekry het, het my eie familie my nie erken of met my gepraat nie.
“Maar nou weet hulle wie Morgan is. Waarheen ek ook al gaan, almal herken my as Morgan wat die lekker bokkoppe en pote maak en verkoop en dit alles omdat ek hard werk,” het Morgan Kashihakumwa (31), die eienaar van Morgan’s Kitchen en Morgan’s Butchery, gesê.
Sy is in die Omusatistreek gebore en het ook daar grootgeword.
“Ek is die eerste kind in my familie. Ek moes sewe kilometer skool toe stap en die lewe was nie maklik nie. Ek moes baie hard werk. Ek het die mahangu geplant, geoes en dan in die namiddae gestamp en die volgende dag moes ek weer die pad skool toe aanpak. Dit was regtig nie maklik nie en soms het ons met leë mae gaan slaap.”
Morgan beskryf haarself as ’n aktiewe, hardwerkende en slim kind.
Sy het graad 11 en 12 in die Ohangwenastreek gaan doen. Sy het egter in graad 12 die skool verlaat aangesien sy swanger geraak het.
“My lewe het toe nóg moeiliker geraak omdat my familie my verwerp het. Ek het begin werk en ek moes hard werk weens die kind wat binne-in my gegroei het.”
Sy het gewerk om haar kind ’n beter lewe te gee alhoewel haar familie se verwerping baie moeilik vir haar was.
“Ek onthou die een keer wat ek na ’n familietroue toe is en almal my aangestaar het. ‘Dit is die een wat nie skool voltooi het nie, die een wat swanger geraak het, die een wat net in mans belangstel.’ Só het hulle agter my rug gefluister. Ek het opgehou om familiebyeenkomste by te woon.”
VERMAAK
In 2016, terwyl sy saam met ’n paar vriende die aand uit was, het sy vir Sunny Boy ontmoet.
“Ek het Morgan’s Entertainment gestig en Sunny Boy was my eerste kliënt. Ek het seker gemaak dat ek een optrede elke naweek gereël het en mense het begin om my raak te sien. Ek het oproepe van onder andere Tequlia, Tate Buti en Mushe ontvang en hulle ook verteenwoordig.”
Volgens Morgan is die vermaaklikheidsbedryf redelik uitputtend omdat van die optredes soms op die nippertjie gekanselleer word of die kunstenaars word nie betaal nie en dan moes sy haar eie geld gebruik.
KOS
In 2018 het sy haar besigheid, Order with me, begin.
“Ek het eendag ’n groot bestelling van N$23 000 gekry en die geld aan die verskaffer oorbetaal. Hy was egter ’n skelm wat my geld gesteel het. Ek moes vasbyt en die geld aan die kliënt terugbetaal. Alhoewel dit my geruk het, was ek nie stukkend nie.”
In 2019 het sy Morgan-Dail-a-Meal begin. Sy het ook haar eerste restaurant geopen waar sy op tradisionele kos gefokus het. Haar bok- en skaapkoppe, pote en die marathon-hoenders was haar beste verkopers.
Die Covid-19-pandemie het uitgebreek en die restaurant is gesluit.
“Dit was net nog een terugslag, maar met gebed en harde werk, het ek weer opgestaan en aangegaan. Vandag is my besigheid groter en sterker as ooit.”
Morgan het begin om die etes in haar kombuis voor te berei.
“Morgan-Dail-a-Meal het gegroei en ons het op ’n goeie dag 20 bok- en skaapkoppe en 30 hoenders verkoop. Ek het by die huis gekook en in die hele Windhoek afgelewer.”
Nadat sy marknavorsing gedoen het, het sy besluit om aan die begin van die jaar ’n restaurant en slaghuis op Oshikango te open.
“Aan die begin het ons baie tyd tussen Windhoek en Oshikango deurgebring, om die perfekte ligging te probeer vind en seker te maak dat sake in Windhoek steeds vlot verloop. Toe ons die perfekte plek gekry het, het ons tyd in Oshikango deurgebring om dit gereed te kry vir die opening. Ons het die perseel geverf, skoongemaak en die personeel opgelei.”
In Oshikango – nes in Windhoek – is bok en skaapkoppe, afval, longe en pote op die spyskaart.
Morgan het drie mense in diens in Windhoek en twee wat in Oshikango vir haar werk.
“Ek onthou die tyd wat ek nie ’n slaapplek gehad het nie. Toe ek niks gehad het om te eet nie, maar ek is ’n vrou van God en ek het my krag van gebed gekry. Ek glo in harde werk, God en gebed.”
RAAD
“Vir die jeug wil ek sê, werk harder. Dinge sal in jou lewe verander. Maak nie saak in watter situasie jy jou nou bevind nie, dinge sal verander.
“Ons as vroue, ons is die moeders van die nasie, die moeders van ons huis. Ons moet goeie voorbeelde vir ons kinders wees. Ons moet harder werk om ons gesinne te voed. Ons moet nie net op mans staatmaak nie. Ons moet opstaan en iets op ons eie doen sodat ons die lewe vir ons beter en makliker kan maak.
“Ek word elke oggend wakker en is verbaas oor hoe ver ek gekom het en hoeveel ek oorwin het. Moet nooit konsentreer op wat mense sê nie; fokus altyd daarop om seker te maak dat jy die beste weergawe van jouself is,” het Morgan gesê.
DROOM
Morgan wil graag haar besigheid uitbrei na elke hoek van die land.
“Ek wil ook graag Morgan’s Kitchen in die res van die wêreld sien. Ek dink aan ’n franchise met slegs twee disse – bok- en skaapkoppe en marathon-hoender.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie