Elago Nantana poog om die positiewe impak van fisieke aktiwiteite op geesteswelstand uit te lig. Foto verskaf
Elago Nantana poog om die positiewe impak van fisieke aktiwiteite op geesteswelstand uit te lig. Foto verskaf

Elago stap vir ’n goeie doel

Aurelia Afrikaner
Elago Nantana het Saterdag manalleen ’n elf dae lange staptoer vanaf Okahandja na Walvisbaai afgeskop.

Dis nie bloot ’n fisieke uitdaging nie, Elago beoog om bewustheid oor kwessies soos selfdood, depressie, angs, verslawing en geestelike welstand te skep.

Dié staptoer staan as die “Mental Peace Walk, walking for peace in Namibia” bekend en het ten doel om gemeenskappe te verenig, vrede te bevorder en hoop te skep, veral in ’n verkiesingsjaar “wat deur verhoogde maatskaplike spanning gekenmerk word”.

Elago het in sy beroep om ondersteuning die samewerking van plaaslike owerhede, munisipaliteite en gemeenskapslede langs die roete versoek om te verseker dat hy veilig deur hul gebiede beweeg.

Die teenwoordigheid van een stapper met kamptoerusting kan kommer wek, dus is vooraf kennisgewings en gekoördineerde pogings van relevante belanghebbendes noodsaaklik, het hy gesê.

Die doel is om ’n veilige omgewing te bevorder, nie net vir hom nie, maar ook vir die gemeenskapslede wat by hom wil aansluit.

GEESTELIKE WELSTAND

Tydens sy staptoer sal Elago sy ervarings deur middel van video-opnames dokumenteer, wat op verskeie sosialemediaplatforms gedeel sal word.

Hierdie opnames het ten doel om die positiewe impak van fisieke aktiwiteit op geestelike welstand uit te lig, die natuurlike skoonheid van Namibië ten toon te stel en die roete se onderliggende boodskap van vrede en eenheid te beklemtoon.

Daarbenewens sal Elago “The Delivery Room Mental Health Booklet” bevorder – ’n waardevolle hulpbron wat ondersteuning, inspirasie en praktiese raad bied aan individue wat geestesgesondheidsuitdagings ervaar.

Die boekie beklemtoon die waarde daarvan om hulp te soek, selfversorging te beoefen en krag te vind in ’n mens se geloof en persoonlike reis.

Volgens Elago dien hierdie staptoer as ’n kragtige herinnering aan die behoefte aan harmonie, eenheid en ’n beter toekoms soos Namibië die verkiesing nader. Ongeag die politieke uitkomste, moedig Elago die nasie aan om hul waardes van vrede, gemeenskap en geloof te handhaaf.

“Die liefde van Jesus Christus verseker almal dat hulle wenners is,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 26 vs 45 Airlink Pumas Premier League: Liverpool 2 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 6 Chelsea | Bournemouth 1 vs 1 Newcastle LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 2 Barcelona | Mallorca 0 vs 0 Sevilla | Villarreal 4 vs 3 Celta Vigo | Atletico Madrid 3 vs 0 Girona | Deportivo Alaves 0 vs 0 Real Betis | Leganés 2 vs 1 Las Palmas | Real Madrid 3 vs 0 Real Valladolid SerieA: Hellas Verona 0 vs 3 Juventus | Cagliari 1 vs 1 Como | AS Roma 1 vs 2 Empoli | Napoli 3 vs 0 Bologna | Torino 2 vs 1 Atalanta | Fiorentina 0 vs 0 Venezia European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City English Championship: Swansea City 1 vs 1 Cardiff City #N/A Currency: GBP to NAD 23.42 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.78 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.48 | USD to AOA 904.54 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.6 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1591.15 | USD to ZAR 17.77 | USD to ZMW 25.91 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13878.4 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30363.15 Up +0.76% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 508.59/OZ DOWN -0.0066 | Copper US$ 4.21/lb DOWN -0.0126 | Zinc US$ 2 901.30/T DOWN -1.63% | Brent Crude Oil US$ 78.36/BBP DOWN -0.0175 | Platinum US$ 934.97/OZ DOWN -0.0246 #N/A