Garth wil musiekprestasie met Namibië deel

Iréne-Mari van der Walt
Ná die reusesukses van sy kinderalbum Falling in Africa in Kanada, sal die Namibiër Garth Prince eersdaags weer op tuisbodem wees.

Dié album en meegaande prenteboek het vir hom verskeie toekennings en nominasies ingepalm, insluitend die Kanadese Juno-toekenning vir kinderalbum van die jaar in 2022.

Die Juno-toekennings word deur die Kanadese Akademie vir Opnamekuns en Wetenskappe aangebied om erkenning te gee aan uitstaande prestasies in die musiekbedryf.

Garth wil graag dié mylpaal in sy geboorteland kom vier. "Ek gaan die Juno-trofee ook saambring sodat mense dit kan sien en hopelik sodat jong kinders ook kan besef dit is vir hulle moontlik om so iets te bereik," sê hy.

Hy hoop om sy prestasies in die buiteland te deel met diegene wat gehelp het om dit moontlik te maak. "Altyd as ek iets hier bereik, voel ek so geskei van die gemeenskap wat hierdie musiek geïnspireer het," sê hy.

Garth deel dat daar 'n ander, meer opvoedkundige rede is vir sy besoek aan Namibië. "Die liedjie 'Falling in Africa' op die gelyknamige album is 'n opvoedkundige liedjie en gaan oor 'n verskietende stêr wat in Namibië val - dit is die Hoba-meteoriet. Ek het nooit daarvan geweet tot ek eendag in 'n opvoedkundige kinderboek oor sterre saam met my dogter hier in Kanada daaroor gelees het nie. Ek het onmiddellik opgespring en die koorgedeelte van die liedjie geskryf.

"Mense vra altyd of ek al die meteoriet gesien het en ek is skaam om te erken dat ek nie daarvan geweet het terwyl ek in Namibië gewoon het nie, so ek wil die meteoriet gaan sien," sê Garth.

Hy sal ook 'n amptelike bekendstellingsgeleentheid vir Falling in Africa in Windhoek en Swakopmund hou en vertel hy hoop om ook by plaaslike skole betrokke te raak om opvoedkundige musiek met hulle te deel.

Garth hoop ook dat sy besoek aan Namibië hom sal help om sy musiek op die Namibiese radiostasies te kry. "Ons het geen bemarking vir Falling in Africa in Namibië gedoen nie, aangesien ons aandag hoofsaaklik hier in Kanada gefokus was.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!