Geborgde tuin erg vervalle by hospitaal

Werkers nie aangestel vir instandhouding nie
Die Keetmanshoop-hospitaal ondervind glo ook probleme met die voorsiening van water aan die tuin aangesien ou waterpype en 'n gebarste watertenkpyp besproeiing onderbreek het.
Iréne-Mari van der Walt
’n Tuin by die Keetmanshoop-hospitaal, wat 11 jaar gelede deur die Spaanse ambassade geborg is, het glo vervalle geraak weens die feit dat ’n werkers nie aangestel is om die tuin in stand te hou nie, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste by navrae gesê.

Volgens die ministerie is dié tuin hoofsaaklik vir pasiënte, veral diegene met tuberkulose (TB) en MIV, aangesien ’n gebrek aan voedsel glo die hoofrede is waarom pasiënte nie hul medikasie neem nie.

“Daarbenewens word die gewasse wat geoes word vir pasiënte gegee, wat hulle in staat stel om dit te verkoop om higiëniese produkte te koop of vir spanbou-aktiwiteite vir die tienerklub,” het die ministerie se uitvoerende hoof, Ben Nangombe, gister gesê.

Die tuin is in Maart 2013 deur Bernadus Swartbooi geopen toe hy nog as goewerneur van die ǁKharasstreek gedien het en het volgens die ministerie vir die laaste keer in Januarie vanjaar groente gelewer.

“Daar is ook ander probleme met die voorsiening van water, aangesien ou waterpype en ’n gebarste watertenkpyp wat water aan die tuin verskaf, besproeiing onderbreek het,” het die ministerie op navrae gereageer.

Die ministerie sê hy het op 25 Julie vanjaar ’n span aangestel om die tuin in stand te hou.

Benewens die agteruitgang van die tuin, het ’n leser dit onder Republikein se aandag gebring dat die hospitaalgebou ook besig is om “uitmekaar val”.

“Die hospitaal is nou 47 jaar oud en baie van sy infrastruktuur gaan agteruit. Om so ’n ou en vervalle struktuur in stand te hou is ’n merkwaardige uitdaging,” het Nangombe gesê.

Hy verduidelik ook dat daar beperkte ruimte is vir kritieke dienste soos ongevalle en ’n afdeling vir buitepasiënte.

Nangombe verduidelik dat opknappingswerk tans aan dele van die hospitaal se derde verdieping en dialise-eenheid uitgevoer word. Hy sê daar is ook langtermynplanne om die hospitaal op te knap.

Elke dag ontvang 200 buitepasiënte mediese sorg hier terwyl daar 160 beddens in die hospitaal is, volgens Nangombe.

Hy sê ook ’n tekort aan personeel en onvoldoende mediese voorrade asook beperkte hulpbronne belemmer dienslewering by die hospitaal.

Hy verduidelik ook dat dit ’n uitdaging vir die hospitaal is om sy vloot, insluitend sy ambulanse, in ’n werkende toestand te hou.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!