Geen keer aan Ansta

Tanja Bause
“Ek het nog altyd daarvan gehou om na die resepte en borde kos in Huisgenoot te kyk. Ek het myself verbeel ek eet die kos. Ek het ook met blare en grond borde kos voorberei of koeke gebak.

“My liefde vir kosmaak en veral om koeke te bak, kom al van kleins af,” het Ansta Gabathuler, die eienaar van FARMhouse Restaurant Outjo, gesê.

Ansta is op ’n plaas gebore waar sy ook grootgeword en skoolgegaan het.

“Daai jare moes ons skoolfonds betaal en ek kon dit nie doen nie. So ek het besluit om te begin werk sodat ek iewers kan kom.”

Sy het ook vir drie jaar in Switserland gewerk en geleer voordat sy in 2005 na Outjo teruggekeer het.

“Ek het met ’n vrou gepraat wat nie meer met haar koffiewinkel wou aangaan nie. Ek het net gedink hoekom nie, kom ek gryp die geleentheid aan en ek het die winkel by haar oorgevat. Dit was in 2010.”

Twee jaar later het Ansta die koffiewinkel in ’n restaurant omskep en die FARMhouse Restaurant Outjo begin.

Die geriewe sluit ook oornagverblyf in – nege dubbelkamers en een familiekamer.

Ansta is ook ’n masseuse wat mense – veral reisigers na ’n lang dag se bestuur – ’n welverdiende massering kan gee.

“Ek het die restaurant begin omdat ek ook graag kook. Ek eksperimenteer graag met resepte en maak hulle my eie. Ek hou van resepte met kontraste, soos sout en suur of branderig en soet.”

Haar groot liefde is egter koekbak en elke tweede dag bak sy vars koeke uit die meer as 20 verskillende opsies.

“Ek vat verskillende koekresepte en bak hulle en dan pas ek die resepte aan. Ek gee hulle ’n bietjie Ansta en maak hulle my eie. Ek hou daarvan om nie die gewone vir my gaste voor te sit nie, maar iets wat trots Ansta, FARMhouse en Outjo is.”

Volgens Ansta kom mense van oraloor die wêreld by FARMhouse aan en wanneer sy hulle vra waar hulle van haar gehoor het, dan sê hulle dat hulle gestuur is.

“Iemand wat al hier was, het gesê as julle Namibië toe gaan en deur Outjo ry, moet julle by Ansta stilhou en vir haar groete stuur. Die mense wys gewoonlik ’n foto vir my van die mense wat groete stuur, maar al julle wit mense lyk dieselfde vir my. Ek is nog steeds trots dat ek en my kos so ’n indruk op mense maak.

“Outjo is my dorp en ek sal alles in my vermoë doen om die dorp te bevorder en ’n stilhouplek vir toeriste te maak. Hier in Outjo is ons almal een familie – dit maak nie saak watter taal jy praat of watter kleur jy is nie. Ons vat mekaar se hande en doen goed saam. Ons is so ongeveer 8 000 mense hier in die dorp en die omliggende plotte. Ons is nie baie nie, so ons moet saamstaan vir die vooruitgang van ons dorp.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!