Geen uitdaging te groot vir Suzette
“’n Seuntjie het my gebel en gevra of sy ouma al sy piñata vir sy verjaardag bestel het,” het Suzette Smit, die vrou agter Piñata Paradise Namibia, gesê.
Sy het meer as 20 jaar gelede begin om piñatas te maak.
“Ek het kartonbokse gevat, arms en bene aan die bokse gesit en dit versier. Ek het aan die begin hoofsaaklik vir familie en vriende gemaak. Ek was ’n enkelouer van vier kinders en die piñatas het ’n gat hier en daar toegestop.”
Haar dogters het aan die begin van die jaar daarop aangedring dat sy haar kunswerke moet adverteer.
“Ek het die laaste week in Januarie op Facebook begin adverteer en nie weer teruggekyk nie. Ek het intussen al meer as 100 gemaak. Ek geniet dit om piñatas te maak.”
Suzette het geen formele kunsopleiding of enige opleiding ontvang om piñatas te maak nie. Dit is iets wat sy haarself geleer het. Sy het intussen die kuns verfyn deur unieke kunswerke te skep.
Wanneer iemand ’n bestelling plaas, teken sy eers die karakter. Daarna gebruik sy ’n koerant wat oopgeblaai is om die grootte te bepaal voordat sy die karton meet en sny om die vorm te maak.
“Ek maak nooit een wat kleiner as ’n oop Republikein is nie. Ek versier ook die stok volgens die partytjie se tema. Die piñata se doel is immers om stukkend geslaan te word.”
Suzette sê sy het tot dusver nog nie vir ’n uitdaging teruggestaan nie.
“Talle kere kry ek ’n versoek, soos Pegga Pig of Sonic The Hedgehog of so iets en dan moet ek eers google omdat ek geen idee het hoe hulle lyk nie. Ek sal dit egter maak.
“Elke piñata is uniek; al is dit dieselfde karakter, is daar verskille. Ek sal skoenveters, knope, blomme, strikke en so verander en bysit. Elke piñata het aan die agterkant ’n gat waar dit met lekkernye gevul kan word.”
Suzette maak elke piñata met tonne liefde. Sy het vir ’n monster ’n frons gemaak en vir Aquaman sy sespak om die karakters so getrou as moontlik te maak.
Elke piñata word ook volgens ’n persoon se ouderdom gemaak.
“Wanneer die persoon klein, of bejaard is of dalk ’n gestremdheid het, dan sit ek toue aan die onderkant wat hulle net kan trek en die lekkernye val uit. Kleiner kinders se bokse is ook dunner as groter kinders of volwassenes s’n.”
Die piñatas is nie net vir klein kinders nie. Die eerste een wat Suzette gemaak het nadat Piñata Paradise Namibia op Facebook geadverteer is, was ’n sonneblom vir ’n 40ste verjaardag.
“Ek het onlangs ook ’n kaktus vir ’n 85ste verjaardag gemaak. Ek het ook al vir ooievaarstee, geslagonthullingspartytjies en besighede gemaak.”
Suzette se piñatas is al na Angola, Botswana, Zambië, Suid-Afrika en selfs oorsee gestuur.
Die afvalmateriaal wat sy nie kan gebruik nie, gee sy vir twee verskillende kleuterskole.
“Voordat ek dit weggooi gee ek dit liewers vir mense wat dit kan gebruik. Ek gee ook van dit vir die San-mense.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie