Geheue deurweef met taal
Henriette Lamprecht –Soos vele ander Namibiërs het sy met verskillende tale en kulture grootgeword.
Sy het Engels as tweede taal aangeleer en vir ’n wyle Duits as vak gehad, maar haar huistaal en ook haar hele skoolloopbaan was in Afrikaans.
Vandag is dié Afrikaanse nooi van Swakopmund, Ané Vos van der Merwe, reeds ’n vierdejaarstudent in kognitiewe wetenskappe aan die Universiteit van Edinburgh in Skotland.
Sy verduidelik kognitiewe wetenskap as ’n interdissiplinêre poging om die menslike verstand te verstaan.
“Die veld van kognitiewe wetenskap is ’n bymekaarkom van taalkunde, sielkunde, filosofie, neurowetenskap, antropologie en rekenaarwetenskap. Dit fokus op vermoëns soos redenasie, persepsie, geheue, motoriese beheer en taalgebruik.”
Met haar honneursprojek in jaar finale jaar “keer sy terug” na haar geboorteland deurdat dit fokus op die taal en outobiografiese geheue, ofte wel persoonlike herinneringe in veeltalige Namibiërs.
Ané erken sy was aanvanklik angstig en bang dat sy sou sukkel om in Engels klas te loop en te leer, maar dit was glad nie die geval nie.
Sy vertel uit Edinburgh van ’n klas oor tweetaligheid wat sy in haar eerste jaar gehad en interessant gevind het, juis omdat dit haar persoonlike ervaring weerspieël het.
“Die wetenskaplike studie van tweetaliges kan ons meer leer oor die brein en hoe geheue met taal deurweef is. Ons droom, dink en onthou in ons moedertaal, maar wat gebeur as jy meer as een taal magtig is en daagliks tussen tale skakel?”
Aangesien sy in haar finale jaar is, wou sy graag ’n navorsingsprojek aanpak waaroor sy passievol is, sê Ané.
Haar studieleier, dr. Thomas Bak, se navorsing fokus op die impak van tweetaligheid op kognitiewe funksie. Toevallig het hy Namibië voorheen besoek en was baie opgewonde oor die idee van navorsing in ’n unieke taal en kultuurryke gemeenskap soos Namibië.
“Die navorsingsprojek gee my die kans om ’n stukkie huis saam met my te dra en om by te dra tot die ontleding van die impak van taal op die geheue.”
Enigiemand ouer as 18 wat beide Afrikaans en Engels praat en hulself as ’n Namibiër klassifiseer – dit wil sê as jy tans of voorheen al Namibië jou “huis” genoem het, kan deel wees van Ané se opname vir haar projek.
Besoek haar Facebookblad Ané van der Merwe waar die skakel tot die studie verskyn.
“Sodra die skakel (https://edinburgh.eu.qualtrics.com/jfe/form/SV_5bFy0owYr0hwqgu) gevolg word, is die vraag of jy aan die studie aanlyn of in persoon wil deelneem. Kliek op aanlyn, die res is mooi uiteengesit en maklik om te volg!”
Deur die loop van die studie sal deelnemers ’n paar woorde sien en gevra word om die persoonlike herinneringe neer te skryf wat dit oproep, verduidelik Ané.
“Sodra jy klaar is, sal jy ook vrae oor jouself gevra word en die herinneringe wat jy gedeel het. Die opname behoort so 20 tot 25 minute te neem om te voltooi.”
Deelnemers se data bly anoniem, slegs ’n unieke deelnemernommer word gebruik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie