Geingob deel herinneringe aan koningin Elizabeth II
President Hage Geingob het sy diepe hartseer uitgespreek oor die dood van koningin Elizabeth II en namens die regering en inwoners van Namibië medelye betuig met die Verenigde Koninkryk en die koninklike familie.
Geingob sê in ’n presidensiële verklaring hy het in 1991 tydens ’n besoek van koningin Elizabeth II aan Namibië die voorreg gehad om haar na Katutura te vergesel. ’n Jaar later het hulle weer ontmoet en het sy “ons geselsies duidelik onthou”.
In 2017 het Geingob as staatshoof die geleentheid gehad om ’n welwillendheidsbesoek by haar af te lê.
“Ek onthou met omgee haar vriendelike geaardheid en haar vermoë om ligte oomblikke te deel.”
Volgens hom sal koningin Elizabeth II vir altyd vir haar merkwaardige heerskappy, harde werk en toewyding in diens van die mense van die Verenigde Koninkryk en die Statebond onthou word.
“Haar toewyding tot diens sal voortduur as ’n inspirasie vir huidige en toekomstige generasies.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie