Trudi Dicks is onlangs oorlede. Foto Facebook/Nasionale Kunsgalery van Namibië
Trudi Dicks is onlangs oorlede. Foto Facebook/Nasionale Kunsgalery van Namibië

Geliefde kunstenaar sterf

Iréne-Mari van der Walt
“Ons het baie keer in die Kuisebrivier, in die Brandberg-omgewing en by die Messum-krater gaan stap. Sy het ook van katte gehou, want sy het gesê hulle kyk af na jou.”

Só sê ’n jarelange vriendin van die geliefde en bekende kunstenaar Trudi Dicks (84) wat Maandag oorlede is.

Trudi het op die ouderdom van 40 besluit om te studeer en het juis drukkuns gekies omdat dit maklik was om op te rol, in teenstelling met olieverf en beeldhouwerk wat nie maklik tussen werkwinkels by die universiteit rondbeweeg kon word nie.

Sy het ook deeltyds in Frankryk en New York gestudeer.

“Sy het ’n wonderlike projek by Avisdam gehad. Dit het soos ’n byekorf gelyk, waar sy elke maand ’n kunswerk op ’n vlot uitgestuur het. Sy het dan mense genooi om te kom piekniek hou,” sê haar vriendin.

Sy is op 75 met kanker gediagnoseer en het ná aggressiewe behandeling in remissie gegaan.

Teen die einde van verlede jaar het sy baie moeg geword en nadat sy ’n pasaangeër ontvang het, het sy aan verskeie gesondheidskomplikasies gely.

Trudi was ook in haar vrye tyd ’n kranige fietsryer en het gereeld na die Otjihase-myn sowat 30 km noordoos van Windhoek gery. Sy het ook graag by Walvisbaai gaan windseil.

KUNSWERKE

Trudi kunswerke was veral gewild onder versamelaars vanweë haar onkonvensionele en unieke styl.

Haar werk bestaan ​​hoofsaaklik uit lino-, houtsnee en metaaletse. Sy het haar eie metodes ontwikkel met linoleum, hout en kollagrafie.

Haar eerste uitstalling het ​​uit enorme swart-en-wit-linoleumafdrukke met politieke temas, asook die dinamika van verhoudings tussen mans en vroue, bestaan.

Trudi sou later kunswerke van klei, hout, plastiek en klip sowel as naaldwerk by haar metodes voeg.

Volgens haar webtuiste kan die intensiteit van Trudi se werk toegeskryf word aan haar gehoorgestremdheid, wat haar tot ’n meer intieme waarneming van die visuele ruimte gelei het.

Sy het haar kunswerke met “GSM Dicks” onderteken. Die GSM is haar voorletters, Gertruida Sophia Maria.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!