Geliefde tannie Pottie sterf
’n Geliefde oudonderwyseres van Windhoek Hoërskool (WHS), me. Maria (Pottie) Neethling, is Donderdag oorlede. Sy sou op 7 Julie haar 102de verjaardag gevier het.
Neethling het van 1962 af tot haar aftrede in 1985 onder meer Afrikaans en wetenskap by WHS onderrig met duisende leerlinge wat deur haar bekwame onderwyshande is.
Neethling is op 7 Julie 1920 op Humansdorp gebore en het op Patensie in die Gamtoosvallei in Suid-Afrika grootgeword.
Sy het op Humansdorp skoolgegaan en op Graaff-Reinet onderwys studeer.
Haar eerste onderwyspos was op Hofmeyr waar sy ook haar man, mnr. Severus Neethling, ontmoet het. Hulle is in 1948 getroud en hy was ook 'n onderwyser by WHS.
Nadat haar man in 1992 oorlede is, het sy steeds in hul huis in Bachstraat in Windhoek-Wes aangebly tot sy in 2013 na die Schanzen-oord getrek het.
Die NG Kerk in Namibië het op hul Facebook-blad vir Tannie Pottie só onthou: “Haar merkwaardige menswees, humorsin, positiewe en dankbare gees, sal ons lank bybly. Tot op die laaste was sy nog dankbaar - ek is in Kanaan was haar respons oor hoe dit gaan en hoe sy versorg word.”
“Dit is met groot hartseer dat ons van tannie Pottie afskeid neem. Die impak wat sy in WHS gemaak het, sal altyd deel van die blou skool wees. Aan die einde van die dag sal mense nie onthou wat jy gesê of gedoen het nie, maar hulle sal onthou hoe jy hulle laat voel het, en ons sal tannie Pottie altyd so onthou. Vir 101 jaar het sy elke dag voluit geleef,” het WHS op hul Facebook-blad gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie