Gemeenskap staan saam vir Zunelle
“Ons almal was oorweldig met Zunelle se situasie, maar ek dink wat ons elkeen stil geskok het, was mense se ongelooflike omgee, liefde en gebede. Dankie vir elkeen wat soveel mooi in ons seer gesit het.”
So het Liza Vermaak gister aan Republikein gesê oor die oorvloedige ondersteuning van die gemeenskap vir haar suster, Zunelle, wat tans in China woon en verlede week onverwags ’n noodoperasie moes ondergaan.
Liza het op 13 April op haar Facebookprofiel vir mense gevra vir finansiële ondersteuning om te help om vir Zunelle se operasie te betaal.
“Vir my, sonder twyfel, sal my liefde vir my sussie my elke stukkie van my trots laat sluk. Al gaan daar seker ’n deel van haar wees wat my te lyf wil gaan omdat ek dit waag om hierdie te doen, weet ek sy sou presies dieselfde vir my en soveel meer gedoen het.”
Liza het van die aanlyn geldinsamelingsplatform, BackaBuddy, gebruik gemaak om ’n profiel vir Zunelle te skep en binne twee dae is meer as N$200 000 ingesamel – genoeg om vir die operasie te betaal.
“Ons is só bevoorreg om die mooiste deel van menswees te kan ervaar en dit is te danke aan elkeen van julle,” lui een van Liza se Facebookplasings.
Zunelle het verlede jaar na China getrek saam met haar man wat rugby daar speel en skoolgee.
“Die begin van die jaar het sy en Keevy [haar man] kom kuier en hulle het haar toe in Suid-Afrika na dokters toe geneem, want tydens hul vakansie het sy nog sieker geword.
“Twee weke ná haar medikasie al klaar was, was sy nog steeds siek en het baie pyn gehad. Hulle is in China hospitaal toe waar die dokters haar op ’n drup gesit het en sy is weer huis toe. Nie lank daarna nie is hulle weer terug hospitaal toe en hulle het ‘gelukkig’ dieselfde dokter gekry wat darem Engels kon verstaan.”
Nadat die dokter verskeie toetse uitgevoer het, is dit vasgestel dat Zunelle ’n parasitiese infeksie het wat siste veroorsaak.
“Op daardie punt was die siste al baie groot en dit is ook hulle wat toe simptome begin veroorsaak het. Hulle moes nogal dringend opereer, want hulle was bang die siste bars,” vertel Liza.
Met die geld wat Liza en haar gesin ingesamel het, kon Zunelle die operasie ondergaan waartydens dele van haar organe met die siste verwyder is. Sy is besig om in die hospitaal in China aan te sterk.
“Elke dag gaan ’n bietjie beter. Zunelle sê dit is verseker net almal se gebede wat haar dra.”
Volgens Liza is die operasie ten volle betaal en het hulle geld oor om vir Zunelle se rehabilitasie te betaal. Hulle is egter nog nie seker hoeveel die hele proses sal beloop nie.
“Ons is nog nie seker wat presies die koste vir nasorg gaan wees nie. Die hospitaal sê ook hulle sal ons eers kan laat weet wat die presiese bedrag is teen die einde van Zunelle se hospitaalverblyf,” lui ’n plasing op Liza se Facebookblad.
Volgens Liza is daar steeds mense wat belangstel om geld te skenk.
“Ons wil nie voorkom asof ons dit nie opreg waardeer nie, want julle doen meer as wat woorde kan sê, maar ons wil ook nie op die ou einde met te veel befondsing sit nie. “Daarom – indien jy nog wil skenk, is jy welkom – met die wete dat ons graag die geld wat oorbly aan die volgende soortgelyke situasie wil skenk.”
Liza vertel dat hulle nie die tipe mense is wat graag hulle seer vir ander mense wys nie, maar hierdie ervaring is iets wat sy voel sy moet deel.
“As jy terugkyk kan mens nie anders om te sien dat die Here by ons is nie. Selfs in die seer. Maar in hierdie seer was daar soveel ongeloofik mooi en om dit vir jouself te hou is nie regverdig nie.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie