Genoeg geld vir Wanda ingesamel
Begin op Valentynsdag met behandeling
Sy is 'sprakeloos' en 'diep geraak' deur die oorweldigende ondersteuning wat sy vanuit Namibië en Duitsland ontvang het en wat haar nou sal help om die gespesialiseerde behandeling te kan bekostig.
Genoeg geld is ingesamel vir Namibië se Wanda Jacobi-Kirchner sodat sy môre, op Valentynsdag, met gespesialiseerde behandeling teen ‘n rare soort kanker in Duitsland kan begin.
“Woorde kan nie beskryf hoe dankbaar en diep geraak ek is vir soveel ondersteuning deur ‘n wonderlike gemeenskap, vriende en familie, mense wat saam met my op skool was, asook mense wat ek glad nie eers persoonlik ken nie,” het ‘n oorstelpte Jacobi-Kirchner in ‘n stemboodskap uit Duitsland laat weet.
Sy sê sy sou nooit kon dink dat soveel mense haar sou ondersteun nie.
“Ek is net so oorweldig, ontroer en dankbaar. Ek kan dit nie in woorde beskryf nie, ek is sprakeloos,” het sy gesê. “’n Mens ag jouself nie so belangrik dat soveel mense in so ’n kort tydjie vir jou moet saamkom en help nie ...” het sy bygevoeg.
“Nou kan die behadeling gedoen word en kan ek uitsien na ‘n toekoms waar ek my vrese opsy skuif.”
Die 35-jarige ma sê die ondersteuning is ‘n waardevolle geskenk. “Dit is net ‘n ongelooflike skat om sulke wonderlike mense in jou lewe te hê en ek bedank elkeen van julle – of die ondersteuning nou in geldelike vorm was en of julle my in jul gedagtes en gebede dra – ek sê dankie.”
Familie en vriende wat die fondsinsameling georganiseer het, het verlede week ook ‘n bedanking vir die “internasionale steun” vir Wanda op sosiale media geplaas. “Danksy julle ondersteuning kon sy die krag en moed vind om teen die kanker terug te veg. Ons bedank julle uit die diepte van ons harte.”
ENORME DRUK
Jacobi-Kirchner het voorheen aan Republikein verduidelik haar bestraling in Duitsland sal net sowat vyf minute per dag duur en sal teen ‘n hoë dosis toegedien word. Sy sal altesaam 33 sessies moet ontvang, terwyl die kankerselle deurentyd geskandeer en gemonitor sal word.
Wanda is reeds in 2019 met chondrosarkoom, ‘n rare tipe beenkanker in haar sinusse, gediagnoseer. Sy het toe operasies ondergaan om die kankerselle te verwyder, net om in Julie verlede jaar te hoor dat dit teruggegroei het en teen haar regteroog se optiese senuwee druk. Boonop is dit ook baie naby aan ‘n slagaar geleë, wat verdere operasies hoogs gevaarlik sou maak.
Bestraling is dus al opsie wat oorbly om dié onvoorspelbare kankergewas te beveg.
Die afgelope vier jaar het die siekte die Kirchner-Jacobi-gesin reeds onder enorme druk geplaas – emosioneel sowel as finansieel – en Wanda moes in dié tyd die erns van haar siekte in oënskou neem, asook die uitwerking wat dit op haar fisieke- en geestesgesondheid gehad het.
In ‘n brief wat vir die fondsinsameling geskryf is, sê Jacobi-Kirchner dit is haar grootste wens om haar 22 maande oue seuntjie, Fabian, te kan sien grootword. Dis juis op hierdie brief wat Namibiërs, maar selfs mense wat in Duitsland en elders woon, met oorgawe gereageer het om die jong ma te help.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie