Geseënd met vyf generasies

Kristien Kruger
Die onlangse geboorte van 'n pienkvoet by die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek was 'n besonderse mylpaal vir haar uitgebreide familie.

Klein Nea Nel is die eerste een van haar familie se vyfde generasie en met haar geboorte is die 88-jarige Antjies de Jager nou 'n grootouma.

Antjies is op Keetmanshoop gebore en al vier haar kinders is nou 60 jaar en ouer. Haar oudste dogter, Marietjie Burger, en haar man, Schalk, het twee kinders waarvan die oudste, Anneke, nou vir die eerste keer 'n ouma geword het.

Een van Anneke se seuns, Stean Nel, het reeds op kleuterskool sy vrou, Amy, ontmoet. Beide was later in Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) en het op 7 Maart ouers geword. Amy het op 7 Maart geboorte aan 'n pragtige babadogtertjie, Nea, geskenk.

“Prinses Nea is die rede vir die groot storie, omdat ons nou vyf geslagte geword het,” vertel Marietjie, wat byvoeg dat die meerderheid van die familie in Windhoek woon.

“Ons is baie bevoorreg.

“Boonop bly Amy se mamma, sussie en twee broers ook in Windhoek, wat die familie nog meer geseënd maak.”

Antjie se 88ste verjaardag het gesorg vir 'n groot makietie waar al haar kinders met hul gades, kleinkinders en agterkleinkinders teenwoordig was. Die vieringe het verlede jaar in Windhoek plaasgevind.

“Almal het bymekaargekom. Ons was 36 mense in totaal en ons het 'n heerlike ete gehou,” vertel Marietjie.

Volgens Marietjie het Stean se oupa, Schalk, se ma wat in Walvisbaai woon, ook nou op die ouderdom van 90 'n grootouma geword.

“Wie in Nambië is ook so bevoorreg om met vyf geslagte te kan spog?”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!