Greatness 'n gesonde 6 kilogram

Frieda Molotho
Elmarie Nel het tydens haar kontraksies op 14 Januarie in die staatshospitaal op Walvisbaai dadelik die volle aandag van kraampersoneel gehad. ‘n Geregistreerde verpleegster het tydens 'n ondersoek op die sonar gesien Elmarie se ongebore baba weeg 5,1 kg en het dadelik 'n teater vir 'n noodkeisersnee bespreek. Groot was die verbasing toe sy gewig met geboorte met nog 'n kilogram styg en hy uiteindelik die skaal op 'n stewige 6,1 kilogram laat kantel het.

Miryam Hangula, ‘n geregistreerde verpleegster, sê "ek het in my hele loopbaan nog nooit so ‘n geval teëgekom nie”.

“Verlede jaar is ‘n baba gebore wat 5,5 kilogram geweeg het. Dit was die grootste baba totdat Greatness gebore is,” het Hangula gesê.

Elise Kaali, ook ‘n verpleegster, het die tipiese gesondheidskomplikasies uitgesonder wat dikwels verbind word met babas met 'n hoë geboortegewig, maar sê mediese toetse het gewys Greatness is 'n gesonde seuntjie.

“My eerste bekommernis was die gesondheid van beide ma en seun, maar gelukkig het alle toetse gewys hy is ‘n groot, gesonde, seuntjie!”

Elmarie wou aanvanklik natuurlik geboorte skenk, maar sê sy het ten spyte van die onverwagte kinkel van 'n noodkeisersnee optimisties gebly.

“Ek het geen komplikasies tydens my swangerskap ervaar nie. Selfs nadat hulle vir my gesê het ek moet 'n keisersnee kry, was ek oor niks bekommerd nie.”

“Ek het geglo groot dinge gaan gebeur. Ek verwag dat soveel groot dinge hierdie jaar sal gebeur, daarom het ek die naam Greatness vir my baba gekies,” sê Elmarie.

Greatness is haar vyfde kind en die eerste wat met die hulp van 'n keisersnee gebore is. Hy is ook die grootste baba met geboorte in haar familie.

Simon Matroos, Greatness se pa, vertel hy was baie opgewonde om sy seuntjie te ontmoet.

“Ek het my vrou tydens haar swangerskap versorg en ek het geen komplikasies verwag nie. Ek het van die begin af geglo albei van hulle gaan gesond uit die hospitaal kom. Ek maak ‘n rugbyspeler groot. Ek is dankbaar teenoor die Almagtige.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!