Grootste visse langs die baai
Die 36ste jaarlikse bonanza van die Penguin-hengelklub en wat deur Hansa Draught geborg word, het gister op Hentiesbaai plaasgevind.
Vanjaar se prysgeld het N$60 000 beloop. Daar was verskeie kategorieë, insluitend die swaarste vis – kabeljou, steenbra, dassie en galjoen – met die eerste tot derde plekke wat prysgeld ontvang het, asook vir die swaarste barber. Die eerste kabeljou is al vroegoggend ingeweeg met ’n gewig van 12 kg en ’n steenbra van 10 kg.
“Die geleentheid is hoofsaaklik om geld vir die Penguin-hengelklub in te samel,” het die organiseerder Annelien Langenstrassen gesê.
Sy het gesê hulle het fantastiese weer gehad en dat die platejoggie Escondido mense tot laat vermaak het.
Die 16-jarige Kyle Johnson (regs) wat vroeër vanjaar die Namibiese Junior Golf Foundation Ope gewen het, het vir die dag sy gholfstok vir ’n visstok verruil. Hy het saam met sy broer, JP Johnson, aan die kompetisie deelgeneem.
Die Hansa Draught touch rugby-toernooi het ook gister plaasgevind, met die wenners wat met N$10 000 weggestap het. Mej. Touchies is ook gister aangewys. Lees meer oor die geleentheid in Erongo se digitale koerant.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie