Hart en hulp vir Namibië se diere

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Toe hy jonger was, het hy altyd gedroom om op ’n plaas te bly en by diere betrokke te wees.

Ruben Lambrechts – ’n plaaskind in murg en been en met ’n hart wat klop vir diere – se droom is Saterdagaand op sy ouers se plaas Simmenau buite Windhoek in sy eie woorde “meer as bewaarheid” met die amptelike bekendstelling van sy stigting wat tans ten doel het om Namibië en sy diere in een van die ergste droogtes te ondersteun.

Hy is baie opgewonde oor die toekoms, sê Ruben wat met sy plasings oor die wel en weë van onder meer Cindy die 30-jarige bobbejaan, Kallie die vlakvark en Penny die baba-ystervark op van Instagram tot Facebook en TikTok met meer as 4 miljoen volgelinge spog.

Dit is dié reuseplatform wat hy het wat hy positief wil gebruik om sy land en sy diere te help, vertel hy tydens ’n besoek van Network Media Hub (NMH) aan Simmenau.

Twee jaar gelede het Ruben nog in Windhoek gewerk en was die verlange na die plaas groot.

“Ek het die plaas so gemis, ek het naweke en selfs Woensdae uitgekom. Ek het begin om video’s op sosiale media te plaas en die een het soos ’n veldbrand versprei.”

Sy plasings was onmiddellik so gewild dat een na die ander hom op sosiale media begin volg het – vandag het hy net op Instagram en Facebook alleen meer as twee miljoen volgelinge. ’n Goeie vriend uit Brittanje, Richard Chard, het vir Ruben ’n Go Fund Me-blad gestig met die idee vir ’n stigting wat mens en dier wil help.

“Die meeste volgelinge is oorsee, hulle het meer geld om te bestee en ook natuurlik die wisselkoers, mense wil so graag help. Ek het ook begin met ’n live stream op sosiale media waarin ek ons probleme gedeel en gesien het soveel mense wil help.”

Ruben het besef hy kan ’n sentrale platform wees waar mense wat wil help, iets soos Droogtehulp Namibië kan ondersteun.

“Ek is so geseënd om so ’n groot platform te hê” en vir nou werk die Ruben Lambrechts-stigting nou saam met Henriette Le Grange van Droogtehulp Namibië om die land en sy diere in een van die ergste droogtes in dekades te help.

Hy erken sy reuse-gewildheid het ook ’n snykant en is “nogal invasive, mense wil alles weet”, en sy privaatheid is nou nog meer spesiaal as wat dit was.

“Ek probeer om nie te veel te fokus op die negatiewe nie. Aan die begin was dit nogal erg as iemand iets sê, maar ek het nou al ’n dik vel ontwikkel. Ek kies om op die positiewe te fokus.”

Simmenau en Ruben se “dieretuin” is alles diere wat boere van oraloor die land na hulle gebring het, vertel hy.

“Ek kry mense wat vra waar kan hulle ’n meerkat koop, maar hulle is kwaai. Ons diere bly vry. Hulle kruip onder deur die drade en loop in die natuur rond soos hulle wil. Hulle het ons gekies as familie, hulle is nie troeteldiere nie.”

Ruben beklemtoon dat mense nie diere sonder meer uit die natuur moet vat nie.

“Dis vir my baie belangrik dat mense moet weet hulle moet hulle nie uit die natuur vat nie.”

Enige persoon wat op welke manier ook al ’n bydrae tot die Ruben Lambrechts-stigting wil maak en wat tot voordeel van Droogtehulp Namibië gebruik sal word, kan sy Go Fund Me-blad of die Facebookblad van die stigting besoek.

“Selfs die kleinste skenking gaan meer help as wat jy dink. Ek hoop met my hele hart dat ons saam ’n verskil kan maak.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!