Haweloses koue se slagoffers
Jemimah Ndebele – Met die kwik wat die afgelope week voortgeset op plekke onder vriespunt gaan draai het, is dit veral dié wat haweloos is, wat die ergste geraak word. Die snerpende koue wat sy angel ook in die Khomasstreek en Windhoek geslaan het en die ongemak van vriesende winde en dalende temperature is veral vir dié wat in van parkies tot onder brûe skuiling moet soek die harde, koue werklikheid.
Temperature wat die afgelope week so laag as -2 °C gedaal het, vererger die uiterste koue die uitdagings wat die mees kwesbare lede van die samelewing in die gesig staar, wat hul veerkragtigheid toets en die dringende behoefte aan ondersteuning en ingryping beklemtoon.
Een van die hoofstad se hawelose inwoners wat geraak word, is die 53-jarige Gerson Gariseb wat die laaste 15 jaar van sy lewe deur Windhoek se strate dwaal op soek na kos en skuiling.
“Ek gebruik kartonne om myself teen die koue te beskerm wanneer ek onder brûe of in rivierbeddens slaap,” vertel Gariseb. Volgens hom het pogings om te probeer warm bly in die lae temperature kwessies met sy gesondheid vererger en sukkel hy met baie erge migraine.
“Ek is ’n tyd gelede met ’n skroewedraaier onder my oog gesteek. Ek is kliniek toe om dit te laat behandel, maar omdat die wond aan die koue blootgestel is, veroorsaak dit erge pyn en ongemak.”
Die 55-jarige Gideon Britz deel Gariseb se lot. Britz het twee weke gelede in Windhoek aangekom, nadat hy deeltydse verfwerk belowe is.
“Ek het blikkies in Rehoboth versamel en verkoop. Ek het N$40 gebruik om duim te gooi Windhoek toe om ’n man te ontmoet wat gebel en my ’n werk belowe het. Toe ek egter hier is, het hy gesê die werk is vir iemand anders gegee. Ek is nou gestrand, sonder ’n plek om te bly en niks geld om terug te keer nie,” sê Britz.
Die pa van drie soek nou snags skuiling teen die koue by die Pionierspark-speelgrond. Volgens hom spandeer hy sy dae in Windhoek se sentrale sakegebied op soek na iets om te eet.
“Ek mis my kinders. My enigste hoop is om geld te kry om te kan teruggaan en hulle te versorg. Die skool begin een van die dae en die N$30 wat ek vir hulle gelos het, is teen hierdie tyd lankal op.”
Britz het drie kinders van onderskeidelik 18, 13 en 8 jaar.
Ander soos die 39-jarige karwag Lucky Kayambo, het geen ander alternatief as om eenvoudig die koue te probeer trotseer nie.
Kayambo val vroeg soggens in die pad vanaf die Okahandjapark-informele nedersetting in Katutura tot in die middestad om diens te doen as karwag en kliënte se motorbande te was.
“Ek word wakker en kom hiernatoe om te sukkel, eerder as om te gaan steel wat die maklikste manier vir ons is om te oorleef. Ons vat die bietjie wat ons verdien en gaan huis toe om vir ons kinders iets te kan gee om te eet,” sê Kayambo.
“Kliënte help my deur my te betaal, ek help hulle deur hul bande skoon te maak. Party gee, ander nie, maar God gee ons die krag om elke dag op te staan en te sukkel.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie