Chantel Kotze. FOTO VERSKAF
Chantel Kotze. FOTO VERSKAF

Help Chantel hoor

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Jong vrou van Otjiwarongo het die geleentheid om op die ouderdom van 33 jaar vir die eerste keer in haar lewe die druppels van ’n Namibiese donderstorm op ’n sinkdak te hoor neerplof.

’n Bedrag van N$500 000 is egter voor die einde van Mei nodig om dié wens om uiteindelik die stilte met geliefdes se stemme te kan vul, moontlik te maak.

Chantel Kotze is met onder-ontwikkelde koglias in albei haar ore gebore wat haar doofheid veroorsaak. Toetse het getoon sy is geskik vir ’n kogleêre inplanting, met ’n Sweedse spesialis wat tot einde Mei in Windhoek beskikbaar is vir die operasie waartydens hy deur die plaaslike oor-, neus- en keelchirurg, dr. Stephan van der Westhuizen bygestaan sal word.

Chantel het ten spyte van haar gehoorgebrek groot prestasies op sport- en kultuurvlak tydens haar skoolloopbaan behaal, was aangewys as onderskeidelik junior en senior hoofdogter en het ook as ’n FETA Internasionale Sjef gekwalifiseer. Sy woon die afgelope vier jaar op Otjiwarongo.

“Die Here ‘bless’ my met haar,” sê Suzanne Nel wat ’n niewinsgewende vrywilligersvereniging gestig het in ’n poging om so gou as moontlik die geld vir die operasie in te samel.

“Sy was die eerste jongmens wat ek op Kamanjab leer ken het toe ek daar gebly het.” Suzanne sê sy het eers op 12 Mei gehoor van die geld wat dringend nodig is om Chantel uiteindelik die kans op gehoor te gee.

“Die Here het dit op my hart gesit om te help! Chantel het Oktober verlede jaar by haar mediese fonds aangesluit, maar geen van die koste word gedek nie, omdat dit ’n gebrek is waarmee sy gebore is.”

Volgens Suzanne het Chantel reeds al die toetse ondergaan wat nodig is. Die apparaat kos sowat N$300 000 en word uit Suid-Afrika bestel sodra daar genoeg geld is. Die res is vir onder meer die hospitaalkoste.

Suzanne het dadelik ingespring en ’n prokureur gaan sien wat haar aangeraai het om ’n niewinsgewende vrywilligersvereniging te stig en ’n bankrekening hiervoor te open.

“ Geen familielede is op die raad nie en ons is twee uit die vyf lede wat die rekening hanteer. ’n Dokter is ook op die raad.”

Chantel het vanaf tweejarige ouderdom by die Carel du Toit-sentrum by die Tygerberg-hospitaal spraakterapie asook haar eerste gehoorapparaatjies gekry. Op drie en ’n half het sy by die kleuterskool by die De La Bat Skool vir Dowes aangesluit.

Ten spyte van ’n lang, eensame pad gevul met hartseer, verlange en frustrasie, het Chantel in haar laerskool- en hoërskoolloopbaan presteer en is sy onderskeidelik as junior en senior hoofdogter aangewys.

Chantel liplees baie goed en tussen familie en by die huis gebruik sy gebaretaal.

Die rekeningbesonderhede vir enige bydraes is:

Chantel’s Cochlear Implant Fund

Bank Windhoek

Reknr. 8032788475

Taknr. 481 – 573 (Otjiwarongo).

Vir verdere besonderhede kan Suzaan by 081 739 7530 of [email protected] gekontak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!