Honde mag nie honger ly
“Ek het ’n groot hart vir diere en ek kan dit nie sien as diere swaarkry of honger is nie. Ek hou nie daarvan nie en dit is hoekom ek besluit het om die drie honde te voer,” het Lehandi Strauss (13) van Vryburg in Suid-Afrika gesê.
Sy en haar familie kuier tans op Hentiesbaai.
“My oumagrootjie was Sarah de Jager, die visvanglegende van Hentiesbaai. Ons kom besoek altyd my ouma Hannelore en dan bly ons by haar.”
Lehandi het tydens haar vakansie gereeld drie honde op die straat naby hulle huis sien rondloop.
“Ek het die honde weer gesien en na hulle toe gestap. Hulle het onmiddellik nader gekom. Ek was besig om iets te eet en hulle het kos kom soek. Ek het my kos met hulle gedeel.”
Sy het vir tannie Ronel wat ook in die straat woon oor die honde uitgevra en uitgevind dat hulle altyd in die straat rondloop.
“Ek het van my sakgeld gevat en my ma gevra om hondepille te koop sodat ek kos vir hulle kan gee. Elke oggend wanneer ek wakker word, maak ek hulle bakke skoon en gee vir Blackie, Whitey en Bontie kos. Hulle kom ook in die middag en aande en dan soek hulle nog kos, dan gee ek maar nog ’n bietjie.”
Lehandi sorg egter nie net dat dié drie se mae vol bly nie, maar ook dat hulle gelukkig is. Wanneer sy op die strand gaan stap, roep sy hulle sodat hulle saam kan stap, balspeel en liefde kan ontvang.
Sy bly op ’n plaas waar sy nie net vyf honde van haar eie het nie, maar ook ’n perd, skape en beeste.
“Ek en my pa boer so saam, maar my diere is een kant. Ek verkoop van my diere om voer vir my ander diere te koop. Ek kan dit nie sien as my diere siek is nie, so ek verkoop my diere om vir my ander diere te sorg. Dit is ook van die geld waarmee ek nou vir die honde op Henties sorg.”
HENTIESBAAI
“Ek is baie lief vir Hentiesbaai en kom kuier al hier vandat ek ’n pap babatjie is. Ek het ook my heel eerste tree op die houtplanke by die Skubbe Bar gegee. Henties is diep in my hart en ek wil net altyd bly wanneer ons kom kuier.”
Hulle het ook al vis gaan vang en twee barbers by oumagrootjie se gat uitgetrek.
“Die kabeljou is baie skaars, maar ons het ’n paar barbers en gespikkelde haaie gevang. Die vakansie is nog nie verby nie en ek hoop nog op ’n kabeljou.”
Lehandi hoop dat almal kan leer om saam te staan en om te help wanneer en waar hulle kan.
“Maak julle oë oop en kyk wie en wat kry swaar en help soos julle kan.”
Sy het ook al met tannie Ronel Maritz gereël dat sy sal voortgaan om die honde te voer wanneer sy weer terug plaas toe moet gaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie