Hoop vir Andro

Henriette Lamprecht
Aurelia Afrikaner en Henriette Lamprecht - "Ek besef dit is net 'n druppel in die emmer, maar ons hoop om so ook vir Andro hoop te bring". Dit was die ondersteunende woorde van Keetmanshoop Privaatskool se hoofseun, Daan Steyn, nadat die skool ’n spesiale muntlegging gehou het om geld in te samel vir die mediese onkoste van die 16-jarige Andro Blaauw van Grootfontein wat met osteosarkoom, ’n tipe beenkanker gediagnoseer is. Dié tipe beenkanker ontwikkel gewoonlik in die osteoblastselle wat been vorm en kom die meeste by kinders, tieners en jong volwassenes voor. Andro, wat twee weke ná sy 16e verjaarsdag gediagnoseer is, ontvang tans elke twee weke intensiewe chemoterapie in Windhoek. Tydens een van dié reise vir onder meer 'n MRI-skandering was Andro verlede maand in ’n motorongeluk betrokke sowat 50 kilometer vanaf Otjiwarongo onderweg na Okahandja, nadat ’n koedoe voor hul motor ingespring het. Hoewel die motor afgeskryf is, is niemand ernstig beseer nie. Andro het wel ’n sny in sy mond opgedoen wat onder narkose geheg moes word.

Tydens die Keetmanshoop Privaatskool muntlegging is N$11 000 ingesamel wat tans ’n druppel in die emmer van die N$800 000 wat nodig is vir ’n lewensnoodsaaklike operasie wat Andro binne enkele dae in Kaapstad moet ondergaan en wat vooraf betaal moet word. Dokters in Suid-Afrika vereis tans die volle betaling as gevolg van bybetalings ens. wat glo nie deur buitelanders daar betaal word nie. Die gesin se mediese fonds sal ná afloop van die operasie ’n deel van die koste terugbetaal. Buiten die bybetalings het Andro ook geld nodig vir sy daaglikse medikasie, asook reis- en verblyfkostes in Kaapstad.

Andro en sy ma vertrek die 10de Maart na Kaapstad waar hy dan op die 15de Maart waar sy regter femur onder leiding van prof. Keith Hosking tydens ’n lewensnoodsaaklike operasie verwyder sal word en hy ’n prostese inplanting sal doen. Prof. Hosking is een van twee professore in die buiteland wat dié tipe inplantings doen. Na afloop van die operasie sal Andro met sy chemoterapie voortgaan.

Intussen het die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië (CAN) ook ingespring om direk met Andro se mediese fonds in gesprek te tree vir betaling aan prof. Hosking.

’n Spesiale fonds is vir Andro gestig om bogenoemde uitgawes te dek. Die besonderhede is

Andro Blaauw Kankerfonds, Bank Windhoek, rekeningnommer 2000 6109 77, takkode 482 473. Die fonds word bestuur deur Johan Spanneberg van Grootfontein wat vir enige navrae by 081 149 1263 gekontak kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!