Hou op met gebaretaal spot

Tanja Bause
Die Namibiese Nasionale Vereniging vir Dowes (NNAD) het skerp gereageer oor sommige mense wat hulself as gebaretaaltolke voordoen en instansies wat gebaretaal-opleiding verskaf.

Me. Beata Armas, die voorsitter van die NNAD, het gister tydens ’n mediakonferensie gesê die Namibiese gebaretaal (NSL) is ’n taal wat gebruik word om gevoelens en emosies uit te druk en om te kommunikeer.

“Ons is trots op ons taal en beskerm dit teen enigiets wat emosionele pyn en sielkundige skade aan ons lede en gebruikers mag aanrig, soos wanneer dit misbruik en ’n bespotting daarvan gemaak word.

Ons streef om gebaretaal as ’n inheemse taal erken te kry en dus vra ons dat king_gucci_official Louis Newawa moet ophou om voor te gee om ons taal in die sosiale media te gebruik.

“Hy maak ’n bespotting van ons taal. Ons dring daarop aan dat hy al sy video’s op sosialemediaplatforms verwyder. ’n Lid van die Namibiese polisie se eenheid vir gemeenskapspolisiëring het hom reeds opdrag gegee om dit te verwyder, om op te hou om die video’s te laai en ’n bespotting van ons taal te maak.”

NNAD bied ’n twee jaar lange opleidingsprogram vir gebaretaaltolke aan. Aan die einde van die kursus kan mense gehalte-tolkdienste vir beide nie-horende en horende mense aanbied.

“Ons moedig almal wat ’n kursus in gebaretaal wil volg om dit slegs deur Namcol en NNAD te doen, omdat dit tans die enigste twee instellings is wat dié opleiding aanbied. Ons raai mense aan om weg te bly van NSL Institute en Namibian College of Interpreting. Geen werksverhouding bestaan tussen NNAD en dié twee instansies nie. Hulle wil nie gehoor gee aan ons versoek dat ’n betroubare dowe persoon die opleiding moet aanbied nie.”

NNAD moedig ook instansies soos die Voorsorgkommissie van Namibië (SSC) en Bipa aan om met NNAD in gesprek te tree wanneer iemand ’n besigheid wat met gebaretaal te doen het, wil registreer.

“Daar is so baie mense wat gebaretaal as ’n besigheid wil gebruik en in die proses word ongekontroleerde gebaretaalopleiding gegee en substandaard dienste word gelewer. Mense is welkom om met ons in verbinding te tree oor gebaretaallesse wat gekwalifiseerde mense in die verskillende streke aangebied. Ons hoop dat alle Namibiërs die regte van dowe mense sal respekteer met betrekking tot gebaretaal en die opleiding daarvan.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!