Ikigai: ’n Doelgerigte lewe

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Dit het meer as ’n dekade gelede begin met ’n foto van ’n meisie wat saam met haar familie op die vullishope buite Okahandja gebly het.

Dieter Maree het geweet hy móét ’n verskil in die lewens van mense maak. Met sy gemeenskapwerk wat toe sou afskop met kos en klere wat hy en vriende aan die meisie en haar familie op Nau-Aib se stortingsterrein gaan oorhandig het, het Dieter en sy groep vrywilligers sedertdien weerloses en minderbevoorregtes landswyd tydens hul uitreik-aksies bereik – van die manne in Windhoek se strate, warmgoed vir kinders in Karasburg se skut teen die koue, kersbokse vir Otjinene se kinders. Aminuis, Epukiro, Omitara, Witvlei, Duineveld, Warmbad en Aroab en nou ook Usakos waar Ikigai, die naam van die niewinsgewende organisasie, in Oktober ’n uitreik gehad het.

Ikigai is ’n Japannese term wat twee woorde saamsmelt – “iki” wat beteken om te lewe en “gai” wat rede beteken en wat vertaal word as ’n rede om te leef. Ikigai is ’n konsep wat mense aanmoedig om te ontdek wat werklik vir hulle saakmaak en om ’n doelgerigte lewe gevul met vreugde te lei.

Ons enigste lente-uitreik vir die jaar het op 5 Oktober plaasgevind, vertel Dieter, met die gemeente van die Streams of Living Waters wat gehelp het met die kospakkies.

Danksy die ondersteuning van die African Leadership Institute kon 300 pakkies vir kinders gevul met allerhande lekkernye uitgedeel word.

Regsgeleerdes het saamgespan om vir 73 waardigheidspakkies met toiletware aan te koop, terwyl Pupkewitz Toyota die bakkie gediens het wat die pad Usakos toe en terug met die kosbare vrag aangedurf het.

In totaal is volgens Dieter ten minste 200 kospakkies en 150 geskenkpakke met toiletware ingesamel.

Dieter en sy Ikigai-span het as deel van die besoek aan Usakos ook van die geleentheid gebruik gemaak om Wêreldboomplantdag te vier deur twee palmbome in die dorp se hoofstraat te plant. Brosjures wat fokus op globale verhitting en klimaatsverandering is ook uitgedeel.

“Ons doen nou al amper vir 15 jaar gemeenskapswerk en het drie jaar gelede besluit om ’n Artikel 21-maatskappy te stig,” vertel Dieter.

“Die idee is om in mense se basiese behoeftes te voorsien. Die fokus is op higiëne en voeding waar ons kospakkies uitdeel, sowel as toiletware (waardigheidspakkies) aan jong meisies.”

’n Derde fokuspunt is die omgewing waar Ikigai jaarliks ’n skool besoek om met die kinders oor fotosintese te gesels.

Daar is “duisende mense agter die skerms wat wonderwerke verrig het” en wat Dieter en sy span vrywilligers wat van kollegas tot vriende insluit, wil bedank vir die feit dat Ikigai vir 15 jaar reeds sowat 1 200 mense kon help.

Hy verwys na die aanhaling van die Engelse geestelike teoloog en evangelis John Wesley, “Do all the good you can, by all the means you can, in all the places you can, at all the times you can, to all the people you can, as long as you ever can”. ’n Filosofie wat Dieter en sy Ikigai-span tot die letter vir ’n doelgerigte lewe volg.

Vir meer inligting kan hy by 081 1424 066 gekontak word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!