Inval verpletter Oekraïner se wêrelddroom
Anna Grechishkina het agt jaar gelede met haar motorfiets uit Kiëf in die Oekraïne vertrek om haar droom om ‘n Guinness-wêreldrekord vir die langste solorit deur ’n vrou te verwesenlik.
Die droom is op 24 Februarie verpletter toe Rusland die Oekraïne aangeval en in oorlog gedompel het.
“Ek wou baie graag terug Kiëf toe gaan met die rekord. Glorie vir die Oekraine, maar vir dít moes ek tien jaar met my motorfiets toer. Ek is nou agt en ’n half jaar besig en dink nie ek kan aangaan nie. My wêreld het in een dag verander.”
Grechishkina het ná 70 lande en 260 000 kilometer vir die tweede keer Namibië toe gekom en was van plan om eers deur die land te toer voor sy na Botswana, Zambië en Zimbabwe sou vertrek.
Van daar af was die plan om deur Angola en langs die weskus van Afrika na Europa te ry.
“Ek het die volgende dag ná ek in Namibië aangekom het omstreeks 08:00 wakker geword en ’n boodskap van my beste vriendin gekry wat in Kiëf woon. “Ons word gebombardeer,” was al wat die boodskap gesê het.
“Dit was nie ’n algehele verrassing nie aangesien Poetin se troepe al weke tevore by die grens begin saamdrom het. Hy het egter die heeltyd gesê hy beskerm net sy grens. Hy het gelieg. Hy het belowe om nie aan te val nie en nou het ons ’n volskaalse oorlog.”
Haar vriendin en haar kind het veilig in Duitsland aangekom. Haar man het in Kiëf agtergebly om die weermag te help.
“Ek kan myself nie indink waardeur sy gaan nie. Sy het hom agtergelos met die wete dat sy hom dalk nooit weer gaan sien nie.”
Volgens haar is Oekraïners ’n vredeliewende nasie.
“Ons wil net blomme en koring plant, maar die oomblik wanneer ons in gevaar is, dan verander ons in ’n kwaai nasie. Ons beskerm ons land; ons het nie nodig om ander mense se land oor te neem of aan te val nie. Ons het genoeg van ons eie goed en dalk is dit die trekpleister. Ons het baie natuurlike hulpbronne. Ons het nog nooit iemand aangeval nie. Ons skiet net op julle wat julle is in ons land om ons dood te maak. Ons sal onsself en ons land verdedig.”
Grechishkina is onseker oor wat haar toekoms inhou.
“Ek kan nie soos normaal aangaan en maak asof niks gebeur het nie. Ek kan nie op die pad konsentreer nie en my gedagtes is nie waar dit moet wees nie. Ek kan dit nie geniet nie en foto’s in die sosiale media plaas van plekke waar ek is nie. Ek wil ’n bydra lewer. Ek is net nie seker hoe of wat ek kan doen nie. Ek het geen spesifieke vaardighede nie. Ek kan nie ’n wapen vashou nie, maar ek het hande en ek kan van hulp wees. Ek weet egter ook ek kan nie net teruggaan en rondhang nie; anders is ek ’n las vir mense wat weet wat hulle doen.”
Sy is elke dag in kontak met vriende en familie wat nog in Kiëf is.
“Ek is bekommerd oor hulle, want die situasie vererger elke dag. Hulle is op pad na Kiëf, die hart van die Oekraïne en hulle vernietig alles in hulle pad. Hulle het Kharkiv, die tweede grootste stad, klaar vernietig. Skole, hospitale, alles word aangeval. Dis soos ’n nagmerrie waarvan jy nie kan wakker word nie.”
Volgens haar is baie verwoesting gesaai en nadat Kharkiv vernietig is, kan sy haarself nie indink wat met Kiëf gaan gebeur nie.
“My trane loop as ek net daaraan dink. Kiëf is vol geskiedenis. Daar is kerke wat duisende jare oud is. Hulle sal al die historiese skatte vernietig. Ons kan die geboue weer herbou, maar hulle het dan geen siel meer nie. Hulle sal leë doppe wees.”
“Ek weet nog nie wat my volgende stap is nie. Dis die moeilikste besluit wat ek nog moes neem. Ek was meer as agt jaar gelede in die Oekraïne. In my hart is ek ’n nomade en ’n burger van die wêreld, maar ek moet my land help. Ek is nie seker hoe die pad vorentoe lyk nie of wat gaan gebeur wanneer ek terug na die Oekraïne keer nie. Ek weet nie hoe lank ek daar gaan bly nie, maar ná die oorlog sal vele hande benodig word om alles te herbou. Dalk kan ek nou help met die taalgrens aangesien van my landgenote nie Engels kan praat nie en nou sit hulle in vlugtelingkampe. Talle van die mense wat hulp verleen, praat nie Oekraïens nie en ek kan beide tale praat. Ek kan van hulp wees.”
Volgens haar is die oorlog groter as net twee lande en keer die Oekraïne tans dat die oorlog na die res van Europa versprei.
“Ons het vier kragstasies. Tsjernobil is nou in Russiese hande. Ons het nog drie. Verbeel jouself ’n missiel tref een van hulle. Die nagevolge van dit of as Poetin ’n kernbom afstuur, sal buite die Oekraïne na Europa en na die wêreld versprei. Dit moet nou gestop word voordat ons met ’n Derde Wêreldoorlog sit.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie