Jaggemeenskap maak beursies oop

Bosboubeampte sterf ná olifantaanval
Twee mans het Maandag hul lewens verloor nadat hulle in afsonderlike voorvalle deur olifante aangeval is.
Francoise Steynberg
Die Namibiese jaggemeenskap het hul harte en beursies oopgemaak vir die gesin van die professionele jagter Gert van der Walt wat Maandagmiddag tydens ’n jagtog naby Tsandi in die Omusatistreek deur ’n olifantbul doodgetrap is.

Volgens die professionele jagter Corne Kruger van Omujeve Hunting Safaris het die jaggemeenskap teen gister reeds meer as N$1,5 miljoen deur middel van ’n veiling ingesamel.

“Nog geld sal ingesamel word. ’n Privaat individu het ook onderneem om vir die res van sy skoolloopbaan vir Gert se seun se skoolfonds te betaal. Sielkundige ondersteuning aan die gesin is ook pro-bono verskaf,” lui ’n mediaverklaring van die Gert Memorial-groep.

Die plaaslike jaggemeenskap samel die geld deur middel van ’n aanlyn veiling van onder meer biltong- en trofeejagte en jagsafari’s in.

Die spertyd om vir die veiling te bie sluit vandag om 18:00. Die platform waar vir die veiling gebie kan word, is by die skakel https://chat.whatsapp.com/DKhjjsXB17iLfXuaPBcr3V.

“Dit was ’n probleem-olifantjag met ’n geldige trofeejagpermit in die teenwoordigheid van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT) in droogtegeteisterde Namibië om die gemeenskap in die gebied by te staan,” het die jaggemeenskap beklemtoon.

Van der Walt se jong seun was ook teenwoordig tydens die jagtog saam met ’n Bahreinse jagter waartydens die olifantbul gekwes en Van der Walt doodgetrap is.

Die jaggemeenskap doen ’n beroep op lede van die publiek om die Van der Walt-gesin “in vrede te laat in hierdie baie tragiese tyd” en hulle daarvan te weerhou om onsensitiewe aanmerkings op sosialemediaplatforms te skryf.

“Daar is ’n jong seun betrokke en ter wille van die gesin se onthalwe vra ons die publiek om op te let wat hulle sê. Wat as dit jou seun was?”

Van der Walt se swaer en suster, Willem en Susan Minnaar, bedank almal wat help om te verseker dat sy weduwee, Ronel en twee jong kinders, die 12-jarige Jeremy en Arizhia (15), finansiële hulp sal hê.

“Dit het ’n onmiddellike las van sy gesin afgeneem sodat hulle oor die verlies van hul man en pa kan rou. Ons werk aan die beste manier vir hulle om aan te gaan en seker te maak dat die herinneringe aan Gert in die kinders voortleef. Ons is dankbaar daarvoor en ek is seker Gert is trots op die wonderlike gemeenskap waarvan hy deel was.”

MINISTERIE

Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het ook in ’n mediaverklaring ’n beroep op lede van die publiek gedoen om Van der Walt se nagedagtenis te respekteer en sy bedroefde familie in ag te neem.

“Ons het kennis geneem van die baie onsensitiewe opmerkings wat ná die voorval gemaak is. Bewerings dat dit ’n geheime jagoperasie was, is vals, ongegrond en misleidend,” het Muyunda benadruk.

“Gert van der Walt was altyd beskikbaar om hulp te verleen in gebiede wat buite sy kontrak is. Die geld wat uit hierdie jag gegenereer sou word, sou aan die gemeenskappe van bewaringsgebiede betaal word om te help om die skade wat deur olifante in die geraakte gebiede aangerig is, te herstel”

TWEEDE STERFTE Ná OLIFANTAANVAL

Die ministerie het ook ’n tweede sterfgeval weens ’n olifantaanval aangekondig.

’n Bosboubeampte is Maandag op pad werk toe in die Zambezistreek deur 'n olifant aangeval.

Volgens Muyunda was Albert Kawayile (45) ’n waardevolle werknemer by die Ngoma-bosbounavorsingsentrum.

“Hy is met beserings deur 'n verbyganger gevind en het later beswyk.”

Die ministerie het sy medelye met die slagoffers se families uitgespreek: “Saam het hulle ’n deurslaggewende rol in die bewaring van ons natuurlike hulpbronne gespeel. Mag hulle siele in ewige vrede rus.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A