Jeug betrokke by omgewingsbewaring
Beplan ’n tuinprojek
Die doel van die projek is om onder meer 'n "groen kultuur" onder die jeug te skep.
Aan die begin van Oktober het Inomuinjo Kapimbi, ’n graad 10-leerling aan die Hoërskool Ella du Plessis, die School Environmental Clubs Namibia (SEC)-projek van stapel gestuur.
By die Hoërskool Chairman Mao Zedong het Kapimbi leerlinge en onderwyser bymekaargebring om hulle te inspireer om op te tree vir ’n groener Namibië.
“Ek was nog altyd lief vir die natuur,” vertel Kapimbi.
“Ek wil hê dit moet bewaar word sodat ons dit in die toekoms nog kan geniet soos ons vandag die kans het om dit te geniet,” gaan hy voort.
Dié projek het in die Khomasstreek begin en tans neem 15 hoërskole en 11 laerskole aan die projek deel.
Die doel van die projek is om die jeug bewus te maak van omgewingsbewaring en om ’n “groen kultuur” onder die jeug te skep.
Hierdie “groen kultuur” skep herwinnings-, bewarings-, en bewusmakingspogings in om seker te maak dat die jeug weet wat die impak van klimaatverandering sal wees en om toekomstige leiers te kweek wat bewus is van hierdie kwessies.
By die uitbreidingbyeenkoms van die SEC het John Moonde, die voorsitter van Khomas-streekraad, gesê: “Ek moedig elke leerling aan om hierdie projek ten volle te benut. Julle is nie leiers van môre nie; julle begin al sommer vandag.”
Hy beskou die inisiatief as “briljant”.
Die SEC is nie van plan om in Khomas te stop nie. Volgens Kapimbi streef hulle daarna om die projek landswyd uit te brei.
Verder is daar ook planne om ’n tuinprojek te begin. Vrugtebome sal na skole oraloor die Khomasstreek gestuur word sodat leerlinge kan leer hoe om na die bome om te sien.
Die hoop is dat dit voedselsekerheid sal bevorder en leerlinge meer bewus sal maak van probleme soos voedseltekorte in Namibië.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie