Jezelle, die oud-Namibiër en musikant wat bekend is vir haar treffers soos “Suidwes”. FOTO ARGIEF
Jezelle, die oud-Namibiër en musikant wat bekend is vir haar treffers soos “Suidwes”. FOTO ARGIEF

Jezelle veg dapper

Elvira Hattingh
Jezelle, die oud-Namibiër en musikant wat bekend is vir haar treffers soos “Suidwes”, wat as ’n wegholsukses beskou is, is onlangs met limfoomkanker gediagnoseer.

Jezelle, wat ook bekend is vir liedjies soos “Vir ons mense”, “Lig jou voete op” en “Plekkie in die son” uit haar eie pen, moet nou dringend behandeling teen dié kanker ontvang. Verskeie toetse, waaronder ’n biopsie van die limf, toon die kanker is reeds in haar bloed, limfkliere, beenmurg en milt.

Sy het gister vanaf die Marblehall-omgewing laat weet dat sy reeds twee chemoterapie sessies after die rug het.

“Dit gaan goed met my,” het sy vertel. Sy sê mediese personeel het vir haar gesê die sesde en sewende dag ná die behandeling kan sy sleg voel. Tot dusver het sy nog net erge moegheid ervaar, maar nie naarheid nie, het sy gesê.

“Ons kry soveel boodskappe van mense wat wil hoor hoe dit gaan en hoe ek voel nadat ek met behandeling begin het. Dit is vandag sewe dae na my onlangse behandeling en ek voel baie goed,” sê sy.

Jezelle sê sy sal in die begin van Mei weer haar volgende behandeling ontvang.

“Intussen voel dit vir my ek drink elke dag ’n hele apteek se medisyne,” het sy vertel. “Naalde is nie my vriend nie,” sê sy.

Sy het haar dank uitgespreek vir mense se ondersteuning en gebede. “Dit werk en dit dra ons. Ek voel vandag dankbaar, opgewonde en sommer net goed.”

Sy sê sy het die afgelope tyd baie gewig verloor en ook ander gesondheidskwessies ervaar.

Jezelle vertel sy het nadat die musiekbedryf stil was weens die Covid-19-pandemie, weer wyd begin reis vir haar musiekoptredes.

Sy het egter agtergekom dat sy ongewoon moeg raak en het ook ’n knoppie in haar nek ontdek. Ná verskeie toetse en doktersbesoeke is kanker by haar gediagnoseer.

Dit is egter behandelbaar, maar die mediese onkoste vir die chemoterapie wat sy moet kry, is baie hoog. Belangstellendes kan haar help deur ’n bydrae aan haar Back a Buddy-rekening te maak. (besoek https://bit.ly/3nWf1Ym).

Jezelle, wat op Grootfontein op skool was, is getroud met die Suid-Afrikaanse kulkunstenaar, Johan Yssel, wat eweneens bekend is. Sy is ook ’n ma.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!