Joernalis, skrywer, politieke gevangene
Die skrywer en joernalis dr. Margie Orford se lewe het ’n ompad geloop sedert haar ouers in die vroeë sewentigerjare met haar as ’n jong meisie van Klerksdorp in Suid-Afrika na die suide van Namibië verhuis het.
Margie is as ’n student in Kaapstad tydens ’n protesoptog in hegtenis geneem en moes gevolglik haar eindeksamen in die tronk aflê.
Vandag geniet sy die sukses wat haar Clare Hart-boekreeks vir haar meebring.
“My ouers het ons oraloor Namibië geneem en ons het hulle ‘gehelp’ met navorsing wat hulle gedoen het om leeus in Etosha op voorbehoedmiddels te sit as ’n alternatief vir uitdunning.
“My ma het ’n wonderlike berig hieroor geskryf en my pa het sy meestersgraad in dierkunde vir daardie werk gekry. Ek het so gereeld perd gery soos ek kon,” onthou Margie.
Sy het daarna in Kaapstad skoolgegaan en het vakansies in Namibië kom kuier. Tydens haar finale jaar aan die Universiteit van Kaapstad (UCT) is sy in hegtenis geneem toe sy aan ’n protesoptog teen apartheid deelgeneem het.
Sy is daarna in die berugte Pollsmoor-tronk as ’n politieke gevangene aangehou en het hiér haar laaste eksamens geskryf.
“Na dit, om van die geweld te ontsnap, het ek begin reis en teruggekom en my eregraad in Engels en filmstudie aan die UCT voltooi en is weer terug Londen toe,” sê Margie.
Sy is in Londen gebore aangesien haar pa daar in ’n mediese rigting gestudeer het.
Ná haar tyd in Londen het Margie met haar eerste kind en haar eerste man, ook ’n Suid-Afrikaner, in 1990 na Namibië teruggekeer. Hulle het in Windhoek hul tuiste gevind en hiér is haar ander twee kinders gebore. Margie onthou sy was ná haar kinders se geboorte in die beginstadiums van nageboortelike depressie wat onder meer veroorsaak is deur die feit dat sy nie gewerk het nie.
Sy het toe die outeur en uitgewer Jane Katjavivi genader om vir New Namibia Books te werk.
“Ek het aan vroue se skryfwerk begin skaaf. Feminisme was nog altyd sentraal tot my denkwyse en hoe ek die wêreld verstaan,” sê sy.
Nege jaar later is Margie die gesogte Fullbright-beurs toegeken en sy en haar drie jong dogters is vir twee jaar New York toe. Hulle het knap voor die gebeure van 9 September 2001 teruggekeer.
In 2002 het sy teruggekeer na Kaapstad waar sy joernalistiek opgeneem het om te probeer sin maak van die geweld in Suid-Afrika.
“Ek wou verstaan hoekom – ná die ongelooflike politieke transformasie onder Mandela – daar soveel geweld tussen mense was. Ek het gevind om die feite te lys takel nie die kompleksiteit van die waarheid nie en om hierdie rede het ek na fiksie oorgeskakel,” sê sy.
CLARE HART
Die hoofkarakter van Margie se hoogs suksesvolle Clare Hart-reeks is ’n ondersoekende joernalis wat ’n profileerder geword het. Sy het ’n doktorsgraad in verkragting en vrouemoord.
“Ek het geweldige ervaring as joernalis teen daardie tyd gehad en het begin belangstel in die sielkunde van misdaad en misdadigers,” sê Margie.
Sy vertel haar nuutste roman The Eye of the Beholder wyk af van die misdaadfiksie-genre en is meer ’n novelle wat handel oor sonde en wraak.
“Dit is ook ’n feministiese riller. Ek is mal oor hierdie vorm van skryfwerk waar ek bevry is van die frustrasie om seker te maak die ondersoeke werk uit! Ek was ook taamlik uitgebrand om tyd aan sulke aaklige sake te bestee,” sê sy.
TOEKOMS
Margie het pas haar memoires voltooi en is halfpad deur haar nuutste roman, The Wound that Never Heals, wat ’n opvolg op The Eye of the Beholder is.
“In my nuwe roman het ek drie vroulike karakters – en een is van Namibië; van Karasburg in die Suide – so ek is opgewonde en ’n bietjie senuweeagtig om hierdie karakter te skryf. . . maar dit voel op ’n manier goed om terug te keer na my wortels,” sê sy.
Hierdie is egter nie die laaste Namibiese karakter wat Margie in gedagte het nie.
“Ek het nog ’n boek wat ek wil skryf – soortvan ’n huishoudelike drama, weer met ’n Namibiër as die hoofkarakter wat as jonk kind uit die land is en haarself in Skotland gevestig het. So die temas van ballingskap en verlange asook verplasing en ’n tuiste sal almal teenwoordig wees,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie