'Joernalistiek is 'n leefwyse'
Voormalige nuusredakteur betree nuwe hoofstuk
Ronelle Rademeyer het vir meer as drie dekades diep spore in die joernalistiek getrap.
Ná meer as drie dekades permanent in die diens van die joernalistiek, betree Republikein se nuusredakteur ’n splinternuwe hoofstuk.
Ronelle Rademeyer het haar joernalistieke loopbaan meer as 30 jaar gelede by Beeld in Pretoria begin, in ’n tyd wat die Golfoorlog op internasionale front gewoed het.
Dit was die tyd van Operasie Desert Storm, die 1991-bomaanval op Irak, van Margaret Thatcher en pres. George H.W. Bush.
Mnr. Nelson Mandela was pas ’n vry man, die ANC nog nie lank ’n ontbanne organisasie nie en Suid-Afrika het begin regmaak vir sy eerste demokratiese verkiesing. Dit was opwindende tye, erken Ronelle.
Van die hoogtepunte in haar vroeëre loopbaan was ongetwyfeld die verhoor van die Vlakplaas-bevelvoerder, kol. Eugene de Kock, in die hooggeregshof in Pretoria. Natuurlik ook die verkiesing op 27 April 1994 in Suid-Afrika en pres. Nelson Mandela se inhuldiging op 10 Mei daardie jaar by die Uniegebou in Pretoria.
“Ek moes daardie dag verslag doen vanuit ‘n woonstel oorkant Meintjieskop waar ‘n paar skerpskutters deur hul teleskope gespanne die gebeure gevolg het, gereed vir enige gebeurlikheid.”
Ronelle was bevoorreg om saam met topjoernaliste en uitstekende mentors te werk en deel te hê aan die dokumentering van die grootse geskiedenis.
Sy het later jare ook by die vrouetydskrif SARIE gewerk voordat sy en haar gesin in 1998 teruggekeer het na haar geboorteland.
Ronelle het in Januarie 1999 by Republikein ingeval en hoewel sy by twee geleenthede kort draaie as openbare skakelbeampte in die korporatiewe wêreld gemaak het, het sy beide kere daarna haar terugkeer tot die koerant gemaak.
“Joernalistiek is nie ‘n beroep nie. Joernalistiek is ‘n leefwyse. Ek glo onwrikbaar in die rol van die onafhanklike, hoofstroommedia in die onderhouding van vry, demokratiese en gesonde samelewings.”
Sy erken koerant- en perswese soos sy dit geken het, nader sy einde.
“Die wêreld van Big Tech het die reëls verander. Mediahuise kan net oorleef as die nuus 24/7 in werklike tyd op alle platforms beskikbaar is. Dit stel groot eise aan nuuskantore wêreldwyd.”
‘n Mens kan net hoop die mediabestuurders van die toekoms doen alles in hul vermoë om nie kwaliteit-joernalistiek ter wille van kwantiteit op te offer nie, beklemtoon sy.
“Omdat sy altyd haar vinger op die pols van plaaslike, Suid-Afrikaanse en internasionale nuus het, was Ronelle nie net vir my nie, maar ook susterkoerante en ander media in die groep, altyd ‘n groot steunpilaar,” sê Dani Booysen, wat tot onlangs redakteur van Republikein was.
“Daarby bly sy een van die mees gesoute en veelsydigste verslaggewers in Namibië. Een wat diep spore op talle gebiede getrap het, veral ook in landbou, waar sy voorgevat het met publikasies soos Die Boer, Parade en Agri Monitor,” sê hy.
“’n Mens hoop ons sal nog haar naam in die plaaslike media sien.
“Dankie Ronelle, vir jare, dae en nagte se opoffering. En dankie aan jou man en seuns vir al die tyd wat hulle s’n was, maar waarin hulle jou aan ons geleen het,” skryf Dani.
Die stelselmatige uittrede van strydrosse in die beroep benadruk volgens hom die belang om nuwe en jonger stemme te help slyp.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie