Jong barbier wil ander leer

Iréne-Mari van der Walt
Met honderdduisende leerlinge wat onlangs die skooljaar afgeskop het, het Lumardo Mouton van Walvisbaai aangebied om 50 seuns se hare gratis te sny om hul skooljaar op die regte noot te begin.

Hy sê hy wil graag help omdat hy self in die verlede swaargetrek het.

“Ek het eendag gesien hoe ’n outjie met slonsige hare van die skool af loop. Hy het net nie lekker gelyk nie. Hy het gesê die skool het hom oor sy hare huis toe gestuur en dat daar nie geld was om sy hare te laat sny nie,” het Lumardo gesê,

Hy sê vyf seuns het reeds op die eerste dag ná hy die gratis aanbod gemaak het, by hom aangeklop.

Lumardo vertel dat sy werk as barbier hom gehelp het om sy lewe op straat vaarwel te roep.

“Ek het Walvisbaai toe gekom en in die strate gejol. Ek het elke dag gaan visvang net om te eet en een dag het iemand na my toe gekom en my geleer om hare te skeer. Ek het by hom geleer en later besef ek kan my eie besigheid begin,” sê hy.

Hy sê hy moes sy skoolloopbaan kortknip om werk te soek sodat hy finansieël tot die huishouding kon bydra.

Lumardo bedryf reeds vir vier maande sy eie besigheid, El Shaddai Barbershop.

“Ek voel trots as ek sien hoe vol die winkel is. Vir my is dit meer as net hare sny; dis kuns,” sê hy.

In die toekoms wil Lumardo hê die gemeenskap moet die waarde van El Shaddai besef en wil selfs ander jongmense oplei om hare te kan sny.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!