Jong redenaar seëvier in SA

Tanja Bause
’n Graad 5-leerling van die Privaatskool Elnatan op Stampriet het ’n eerste plek by die ATKV Redenaarskompetisie in Suid-Afrika in die ouderdomsgroep graad 4 tot 5 vir Afrikaans-huistaal verower.

Theo Rossouw (11) se moedertaal is Duits, aangesien sy ma Duitssprekend is en net dié taal met hom praat. Theo en sy pa kommunikeer met mekaar in Afrikaans. Hy was in ’n Engelse kindergarten en is nou in ’n Afrikaanse skool.

Dit is die tweede jaar dat Theo aan die redenaarskompetisie deelneem, maar dis egter die eerste keer dat hy die kompetisie in Suid-Afrika bywoon.

“Theo het al van kleins af daarvan gehou om toneel te speel en te praat. Hy is vol selfvertroue en glad nie bang vir mense nie, wat dit makliker maak om voor vreemdelinge te staan en praat,” het sy ma, Birgit, wat ook in haar skooljare lief was vir redenaars, gesê.

Nadat Theo deurgedring het om in Suid-Afrika deel te neem, het die gesin ’n vakansie beplan.

“Daar is gesê dit is een ding om hier deel neem, maar iets heel anders om in Suid-Afrika mee te ding. Ons het van die begin af gesê ons maak ’n reis daarvan, en sien en doen soveel as moontlik terwyl ons in die Kaap is. Die redenaars was ’n goeie verskoning.”

Nege Namibiërs het in verskillende ouderdomsgroepe vir die kompetisie gekwalifiseer en sewe het Suid-Afrika toe gegaan. In Theo se ouderdomsgroep was 25 deelnemers.

TOESPRAAK

Wat Theo se toespraak volgens terugvoering van die beoordelaar in Windhoek uniek gemaak het, was dat hy dit nie gekoop het nie, maar self geskryf het. ’n Kind wat self sy toespraak skryf, is meer outenties en staan daarom 'n beter kans.

“Daar is drie temas ‘Flits’, ‘Klank’ en ‘Luister’ en die toespraak moes daaroor gaan. Theo het ‘Flits’ gekies en gesê hy wil die skool en sy koshuistannie oortuig om selfone in die koshuis toe te laat. Dit gaan nie oor die foon en die speletjies nie, maar oor die foon se flitslig, donker gange en bang kinders. Dit was baie tong-in-die-kies en oorspronklik.”

Brigit sê die Suid-Afrikaanse kinders was baie goed en die gesin het nie gedink Theo sou die toptien haal nie.

“Theo was goed, maar daardie kinders was net op ’n ander vlak.”

Theo het die Donderdag in Worcester in die Wes-Kaap sy toespraak gelewer en hy moes Saterdag om 08:00 ’n rugbywedstryd in die semifinale in Windhoek speel.

“Elnatan is ’n klein skool en as een speler nie daar is nie, kan die span nie speel nie. Theo is ook die kaptein van die span en rugby is sy eerste liefde.

“Ek het regtig nie gedink hy sal onder die eerste drie eindig nie. Ons het as gesin besluit om Donderdag al tot in Vanrhynsdorp te ry. Dan is ons nader aan die huis.”

Hulle het ’n oproep van die ander Namibiërs, wat by die kompetisie was, ontvang met die boodskap dat Theo gewen het.

“Ons het dit nie verwag nie en was heeltemal uit die veld geslaan. Ons Namibiërs voel mos soms dat ons van die platteland af kom – ons is baie kere geïntimideerd en dink ons is nie goed genoeg nie.

“Dit wys jou net dat ons meer vertroue in onsself moet hê. Ons vermoëns staan vir niks terug nie.”

“Privaatskool Elnatan is baie trots op Theo. Sport is altyd groot, maar diè jaar het kultuur ’n fantastiese wen gehad.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!