Jong sjefs raap goud in Indië op
Wen twee kategorieë uit vier
Ondanks talle uitdagings wat Lize van der Merwe en Chandru Basson by 'n internasionale kompetisie moes oorkom, het dit hulle nie van stryk gebring nie.
“Twee van my studente wat na die Guru Nanak Institute of Hotel Management se wêreldkoskompetisie genooi is, het met goue medaljes teruggekom. Die kompetisie het vier kategorieë, waarvan Namibië twee gewen het. Altesaam 160 sjefs uit 30 lande het deelgeneem. Uit Afrika was dit net ons, Suid-Afrika en Ghana,” het sjef Roelien Esterhuizen, eienaar van The Purple Fig Cooking School in Windhoek, gesê.
Die Guru Nanak Institute doen navorsing oor hotel- en kookskole wêreldwyd. As die instituut bepaal dat ’n skool en sy studente se vaardighede op standaard is, word uitgesoekte studente genooi om aan die kompetisie deel te neem.
Die instituut dek alle kostes, insluitend vliegkaartjies, akkommodasie en drie maaltye per dag.
“Die studente word per naam uitgenooi. Van Purple Fig is Lize van der Merwe, Chandru Basson – die twee studente wat goud losgeslaan het – en Pieter Bezuidenhoudt genooi. Een student van Nust is ook genooi. Al drie van my studente het in die kategorie driegangmaaltyd deelgeneem wat Chandru gewen het. Lize het ook nog in die koekversiering-kategorie deelgeneem en dit gewen. Ons het nie aan mixologie [die maak van mengeldrankies] en voedselkerf deelgeneem nie.”
Volgens Roelien kon sy van die begin af sien dat Lize goed sal vaar.
“Sy was professioneel en eenvoudig op ’n ander vlak as die ander deelnemers. Die kookkompetisie was baie moeilik en teen sterk lande soos Australië en die Verenigde Koninkryk. Probleme is met die verskaffing van die regte bestanddele ondervind en hulle moes net kophou en hul disse aanpas – wat hulle gedoen het. Hulle het hul eie spyskaarte uitgewerk en het voor die tyd volgens hul bestanddele geoefen. Die lys met die bestanddele word dan Indië toe gestuur en hulle keur af wat nie beskikbaar is nie. Nie een van ons lyste is afgekeur nie.”
Roelien het agt jaar gelede The Purple Fig Cooking School as ’n kookskool vir kinders gestig. Ses jaar gelede het sy met die diplomakursus begin.
“Pieter en Chandru het nog nie eens in Namibië aan enige kompetisies deelgeneem nie en hulle het baie goed in Indië gevaar. Ons sal nou elke jaar Indië toe gaan en deelneem omdat die blootstelling onskatbare waarde vir die studente bied.”
SJEF LIZE VAN DER MERWE
“My ouers het ’n gastehuis en my oupa ’n plaas gehad, so alles rondom die maak en vervaardiging van kos was nog altyd deel van my lewe. Ek het al vroeg op skool besluit om meer daarmee te doen en het kookklasse ná skool en in die aande geneem. Op 16 – toe ek met die klasse begin het – het ek agtergekom dat ek ’n passie vir kosmaak het,” sê Lize (21).
Sy het in 2018 die Junior Sjef van die Jaar-kompetisie gewen.
“Ek het baie hard vir dit gewerk. Ek het toe besef as jy hard vir iets werk en jouself druk, kan jy die hoogte inskiet. Nou druk ek myself elke dag nog ’n bietjie verder.”
Die Namibiese Sjefsvereniging het Lize in 2022 genader om deel te wees van die span van vier vroue wat aan die African Culinary Cup tydens die WorldChef Congress in Abu Dhabi gaan deelneem het. Ses lande het deelgeneem en die Namibiese span was die enigste vrouespan. Die span het brons huis toe gebring.
“Die kompetisie het my geleer om altyd op die onbekende voorberei te wees. Jy weet nie wat kom nie, maar jy kan alles oorkom.”
Die kompetisie in Indië het sy uitdagings gehad. Sy het in die kategorie driegangmaaltyd deelgeneem en al die bestanddele vir haar nagereg was weer nie beskikbaar nie.
“Net soos in Abu Dhabi het ek bestanddele vir my nagereg gekort en nagereg is my sterkpunt. In Indië het hulle nie mango’s gehad nie en ek moes vinnig aan ’n ander nagereg dink en aanpas. Daar is altyd iets wat verkeerd loop en jy moet net kalm bly.”
“Ek was regtig verbaas toe ek die koekversiering gewen het omdat ek nie eens aan die kategorie wou deelneem nie. Die goud dryf my egter nou om aan elke kompetisie deel te neem, al wen of verloor jy, die blootstelling en ervaring wat jy opdoen is van onskatbare waarde.”
Lize bedryf tans haar eie spyseniersonderneming, Hello Harvest, in Swakopmund.
SJEF CHANDRU BASSON
“Daar is ’n foto van my waar ek in die kombuis op ’n stoel staan en my ouma help bak. Dit is waar die saadjie vir kosmaak geplant is.”
Chandru (21) het tydens die Covid-pandemie skool verlaat en ketelmakery studeer.
“My mense wou hê dat ek dit leer, maar ek het geweet dit is nie vir my nie. Ek is meer ’n mens wat sy hande gebruik eerder as ’n boekman. Ek het by The Purple Fig begin.”
“Indië was die eerste keer wat ek aan ’n kompetisie deelgeneem het en die eerste keer wat ek die land verlaat het. Ek is ook baie skaam en hou daarvan om agter in die kombuis te wees en my ding te doen.”
Volgens Roelien het hy die moeilikste tyd van al die deelnemers gehad.
“Ons het drie ure gehad om ’n voorgereg, hoofgereg en nagereg voor te berei. Nie al my bestanddele was by my werkstasie nie. Ek het vir my assistent geskryf wat kortkom en haar gestuur om dit te gaan haal. Ek het solank met my souse begin. Sy het met ghoelasj teruggekom in plaas van ’n lamsrak. Ek het vir haar ’n foto gewys en sy is weer vort. Sy het met die regte vleis teruggekom, maar dit was nie skoon nie en ek moes dit reg en skoon sny.”
Nadat hy twee ure gekook het en hy kammossels wou hê, moes hy hoor dat daar nie is nie.
“Dit het my bietjie omver gegooi, maar ek moes net kophou en aangaan en met die monnikvis – wat hulle as plaasvervanger gebring het – werk. Hy het nog nooit met monnikvis gewerk nie óf dit geproe nie. Dit was moeilik, maar ek het die dis gemaak.”
Volgens hom was ’n ander uitdaging die oond wat deur 20 deelnemers gedeel is.
“My vleis moes op ’n sekere temperatuur in die oond wees, maar so ook al die disse van die ander deelnemers; dus is die temperatuur gedurig verander.”
Chandru het nie gedink hy staan ’n kans om te wen nie en toe sy naam uitgelees is, was hy geskok.
“Ons kon dit nie glo nie. Ek het gedink die man van die VK sal wen. Toe hulle Chandru se naam uitroep, het trotse trane by ons almal geloop,” het Roelien gesê.
Chandru se droom is om as sjef in die buiteland te gaan werk.
“Ek wil die wêreld sien, ondervinding opdoen en ander tipe disse en kosse leer maak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie