Jonk kuier by oud

Henriette Lamprecht
Die inwoners van die Katutura-ouetehuis is in die lig van die ware gees van Afrika bederf met van manikure tot sang.

Die Rob Youth Foundation Namibia het saam met die International Peace Youth Group, International Women’s Peace Group, Heavenly Culture, World Peace en Restoration of Light (HWPL) die ouetehuis op Afrikadag besoek.

Die groep het badkamers en toilette en ook skottelgoed gewas en ook die perseel skoongemaak. Die bejaardes is ook met mani- en pedikure bederf.

Naomi Kamenye, die besturende direkteur van Rob Youth Foundation Namibia en ‘n Mej. Namibië-finalis, sê dit is in die beste belang van Afrika se jeug om terug te ploeg en na hul senior burgers om te sien omdat dit die nuwe generasie se verantwoordelikheid is.

“Dit is baie belangrik om Afrikadag en sodoende die diversiteit van die vasteland te vier. Ons wou iets teruggee wat die gees van Ubuntu weerspieël, ‘n kritieke komponent van Afrikadag,” sê Naomi.

Die bejaardes het die jong mense aangemoedig om weer te kom kuier.

“Kom kuier gereeld en nie net een keer nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!