Josè leer oor Omaruru en sy geskiedenis

Iréne-Mari van der Walt
“Ek wil graag die jeug aanmoedig om van hul verlede te leer en ek wil hê hulle moet hul erfenis erken en sien wat dit vir hulle kan bied.

“Dit is baie belangrik dat ons weet waar ons vandaan kom om te weet waarheen ons op pad is, en dit is hoekom ek lief is vir wat ek doen,” sê die kurator van die Omaruru-museum, Josè Loch, wat in sy kinderjare van Walvisbaai na Omaruru verhuis het.

Josè is oorspronklik op Walvisbaai gebore, maar nadat hy as kind na Omaruru verhuis het, het dié klein dorp en sy mense hom aangegryp.

“Ek sal erken my omstandighede was nie baie goed nie – ons is blootgestel aan alkoholmisbruik en dwelms wat destyds baie erg was. My ma het dit agtergekom en besluit om ons na ’n beter plek te neem en dit was ’n seën,” sê hy.

“Ek het later die museum op Omaruru deur ’n mentor ontdek en toe ek hier rondgestap het, het ek die gevoel gekry dat ek hier behoort. Ek het besluit om as ’n vrywilliger te werk om te kyk wat ek tot die museum kon bydra om dit meer kultureel en meer tradisioneel te maak om meer besoekers en ons inwoners te lok,” onthou hy. Selfs as ’n volwassene bly hy lief vir die dorp waar hy grootgeword het en dié dorp se geskiedenis.

“Omaruru is ’n wonderlike dorp – veral wat die natuur betref. Hierdie dorp het diep wortels in die ontwikkeling van die destydse Suidwes-Afrika.

“Hierdie dorp is ’n pilaar vir Christenskap – toe die sendelinge hierheen gekom het, het dominee Daniël Cloete met sy volgelinge hierheen gekom.

“Dit is hoe Omaruru as ’n sendingstasie begin het. Dit het slegs die doel gedien om die inboorlinge tot die Christendom te bekeer,” vertel hy.

Wanneer hy nie sy kennis by die museum deel nie, is Josè ook die voorsitter van die NamRights Jeugforum wat ten doel het om die jeug te bemagtig deur hulle werk in ’n tuin te gee.

“Ek voel hierdie inisiatief leer nie net die beginsels van tuinwerk nie, maar dit leer hulle ook om van hulself afhanklik te wees,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!