Kampvegter vir dowes se studiedroom gebriek
Ten spyte van aansienlike finansiële uitdagings, bly hy gefokus op sy doelwit om positiewe verandering vir die dowe gemeenskap in Namibië te bring.
Samuel Immanuel, ’n voormalige lid van die Namibië Nasionale Vereniging vir Dowes (NNAD) is sedert 2015 ’n aktiewe kampvegter vir die regte van persone wat met gehoorgestremdhede in die land leef.
Sy aanvaarding by die gesogte Gallaudet-universiteit in Washington D.C, in Amerika was vir Samuel ’n belangrike mylpaal in sy reis as kampvegter.
Die universiteit, ’n toonaangewende instelling vir die onderrig van studente met gehoorgestremdhede, berei volgens sy webtuiste “uitstaande individue voor vir ’n lewe van betekenis, doelwitte en professionele sukses”.
Sy grootste struikelblok bly egter finansiële ondersteuning, erken Samuel.
“Ek was sedert 2022 tot nou onsuksesvol om finansiële ondersteuning van regeringsinstansies, maatskappye of organisasies te kry. Finansiering om my studies voort te sit is ’n groot uitdaging sedert my pa dood is en my ma werkloos is,” sê hy.
Samuel het voorheen vir die World Deaf Leadership (WDL)-beurs aansoek gedoen, maar die verwysingsbrief wat NNAD se uitvoerende direkteur verskaf het, het nie sy leierskap-bydraes voldoende uitgelig nie.
In ’n teken van solidariteit het die direktoraat vir aangeleenthede met betrekking tot gestremdhede in die president se kantoor hul gewig agter hom gegooi en ’n beroep op plaaslike entiteite gedoen om Samuel op sy lewenspad te ondersteun.
In ’n amptelike brief vra die adjunkminister Lucia Manombe-Ncube dat hy die geleentheid gegun word om by te dra tot die bevordering van die Namibiese nasie.
“Dit is ons hoop dat julle ons versoek gunstig sal oorweeg om die kwessie van gestremdheid oor die boeg van basiese menseregte te takel in ’n poging om gelyke geleenthede vir alle inwoners te verseker soos vereis in ons Grondwet en in die gees van Harambee,” sê Manombe-Ncube.
Samuel wat tans werkloos is nadat hy sy werk by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste verloor het, bly egter hoopvol.
Weens sy gebrek aan finansies kan hy ook nie ’n lid van die Wêreldfederasie vir Dowes (WFD) word nie, iets wat noodsaaklik is om hom toegang tot hulpbronne, opleiding en globale ondersteuning te gee en wat sy pogings as kampvegter vir dowes in Namibië ’n reusehupstoot sal gee.
Die universiteit vereis van alle internasionale studente om te bewys hulle het geld beskikbaar om vir ten minste een akademiese jaar van onderrig, verblyf, boeke en mediese versekering te kan betaal. Dié bedrag is sowat N$850 000.
In ’n amptelike brief aan Samuel erken die universiteit hy is “baie beperk in sy geleenthede vir finansiering vir internasionale studente”. Werksgeleenthede vir internasionale studente word ook streng beheer deur Amerikaanse burgerskap- en immigrasiedienste wat ook erg beperk is.
Die universiteit het Samuel die keuse gegee om sy toelating uit te stel tot hy voldoende finansiële ondersteuning gekry het.
“Ek is vasbeslote om voort te gaan om vir die regte van individue te veg wat met gehoorgestremdhede leer. Ek bly daartoe verbind om ’n verskil in my gemeenskap te maak,” sê hy vasberade.
Vir meer inligting kan die direktoraat of Samuel by [email protected] gekontak word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie