Kans van ‘n leeftyd
Jong man kry geleentheid op seiljag
Die bemanning van die IRENE IV het voor die resies besluit hul deelname aan die Oyster World Rally moet 'n doelwit hê.
“Dit het alles begin toe die Oyster-seiljagte in Durban aangekom het, waar ek en my kollegas ’n tradisionele Zoeloe-dans as verwelkoming opgevoer het.
“Ek het vir die Sail Africa Youth Development Foundation gewerk en Jackie de Fin, besturende direkteur van die organisasie, het met die mense van die seiljagte gesels oor die organisasie en die geleenthede wat dit vir ons bied.
“Die IRENE IV het ’n plek vir iemand as bemanningslid aangebied. Ek is gekies omdat ek myself bewys het as iemand wat so ’n geleentheid met beide hande sal aangryp,” het Praise Bonga Baras (23) gesê, wat nou deel is van die Oyster World Rally.
Dié seiljag is onder 29 seiljagte wat in 2022 vanaf Antigua in die Karibiese eilande vertrek het om aan die Oyster World Rally deel te neem. Dit is die eerste keer in die resies se bestaan van drie jaar dat seiljagte ook in Lüderitz geanker het. Die Oyster World Rally strek oor 27 000 seemyle, neem sowat 16 maande om te voltooi en doen by 25 bestemmings oraloor die wêreld aan.
Bonga seil tans saam met die IRENE IV tot in Brasilië waar hy hoop om ’n betaalde werk op ’n ander seiljag tot in Antigua en verder te kry sodat hy geld kan verdien om sy lewe te verbeter.
“Die ander rede hoekom ek aan boord geklim het, was om ondervinding op te doen om werk as ’n dekkneg op ander seiljagte te kan kry. Dit was nie maklik om in Durban te werk nie, aangesien ek van Swaziland [Eswatini] af is en dit was moeilik om ’n werksvisum te kry terwyl my studievisum in Desember verval het.”
Bonga het op hoërskool op bote en die see verlief geraak. Dit is ook hoe hy as ’n buitemuurse aktiwiteit by Sail Africa betrokke geraak het.
“Aanvanklik het ek begin om die seilsessies by te woon. My idee was om ’n gratis bootrit op die see los te slaan, aangesien daar geen see in Swaziland is nie. My liefde en passie vir die see en bote het ontwikkel soos ek meer en meer geleer het.
“Ek het selfs oor naweke en wanneer ek nie eens genooi was, die seilsessies bygewoon. Ek het niks anders gehad om in my vrye tyd te doen nie, aangesien ek alleen op die ouderdom van 13 in Suid-Afrika was. My hele gesin was in Swaziland.
“Seil was die enigste ding wat my besig en van die strate af gehou het. Dit het verhoed dat ek in slegte dinge betrokke raak, soos my maats.”
Bonga het in seilsport gefloreer en die geleentheid gekry om na Palma de Mallorca in Spanje te reis. Hy het meer oor die maritieme bedryf en moontlike loopbane in seilvaart en die hele bedryf geleer.
“Ná ek matriek voltooi het, kon ek weens ’n gebrek aan fondse en my swak uitslae in wetenskap en wiskunde, nie universiteit toe gaan nie. Ek het die geleentheid deur Sail Africa gekry om my seil-instrukteurskursusse by South African Sailing te voltooi en hul instrukteur te word sodat ek ander jongmense kon oplei.
“Ek het vanaf die begin van 2018 by Sail Africa klas gegee en aan die einde van 2019 het ek ’n senior instrukteurskursus gedoen en die senior instrukteur by Sail Africa geword.”
Weens die Covid-19 pandemie was Bonga in Swaziland ingehok en kon hy nie sy kwalifikasies gebruik nie.
Met God se genade het ek daarin geslaag om terug te kom Durban toe, waar ek besluit het om ’n studievisum te kry en na ’n kollege te gaan om my wiskunde en wetenskap te verbeter sodat ek meganiese ingenieurswese kan studeer. Ek moes elke dag ná my lesse by Sail Africa gaan werk sodat ek geld vir die kollege en die daaglikse uitgawes kon verdien. Ek het pas my meganiese ingenieurswese N3-vlak voltooi.”
Bonga sê hy gebruik nou die geleentheid sodat hy homself meer volhoubaar kan onderhou, dan sal hy begin om ander mense se lewens te verander. Hy streef daarna om mense te help, veral minderbevoorregtes soos hy wat hard probeer om hul doelwitte te bereik en hul drome te bewaarheid.
“Dit was my eerste keer in Lüderitz en ek was mal daaroor. Die oomblik toe ek die hawe binnegekom het, kon ek myself indink om ’n klomp jongmense in die baai en by die seiljagklub te leer seil.
“Sulke wonderlike natuur, omring deur die see en die woestyn. Die strate en die mense wat ons daar ontmoet het, was fantasties en die gasvryheid wat ons ontvang het, was ongelooflik. Ek sien daarna uit om terug te kom en te kom seil.”
IRENE IV
“Ons neem deel aan die Oyster World Rally. Die 29 bote wat deelneem, is almal Oyster-seiljagte. Oyster is ’n Britse maatskappy wat seiljagte bou. Ons het almal saam op 9 Januarie 2022 in Antigua in die Karibiese eilande begin en ons moet vroeg in April 2023 terug in Antigua wees. Ons sal dan meer as 30 000 myl saam afgelê het. My broer, Louis Goor, besit ons boot, IRENE IV.
“Ons het in Oktober 2021 in die klein dorpie Kinsale – aan die suidwestelike kus van Ierland – teruggedraai en by die saamtrek in Antigua aangesluit. Soos Lüderitz, is Kinsale ’n vissersdorpie sowel as ’n toeristebestemming. Ons het nie ’n woestyn soos die Namib as agtergrond nie; in Ierland reën dit te veel.
“Ons het regdeur die jaar “woestyne” van groen weivelde,” het Sabine Hirsohn gesê.
“Die seiljag IRENE IV is vernoem na ons ouma aan moederskant. Sy was ’n vrou wat haar lewe geniet het en altyd groot pret was. Sy kom uit ’n familie van matrose. Haar broer, Vernon Nicholson, het in 1949 van Engeland na Antigua op sy skoener Mollyhawk gevaar. Hy en sy gesin het hulle daarna in English Harbour, Antigua, gevestig. Ons niggie, Dana Nicholson, van English Harbour, is deel van die Oyster World Rally – net op ’n ander seiljag.”
Voordat hulle met die “reis van ’n leeftyd” begin het, het die Hirsohn’s besluit dat hul reis ’n doel moet hê, afgesien van die ooglopende ontdekking van nuwe lande en nuwe mense.
“In ons onstuimige tye – waar klimaatsverandering en dalende dier- en plantspesies ’n groot kommer is – het ons besluit ons moet onsself, ons vriende en familie van seebesoedeling bewus maak as gevolg van menslike gedrag.
“Aangesien my broer in die plastiekbedryf werk en goed vertroud is met die gebruike en misbruike van plastiek, het plastiekbesoedeling in die see ons hooffokus geword. Ons het by twee omgewingsorganisasies – Oceanic Society en The Alliance to End Plastic Waste – aangesluit om ons kennis oor hierdie belangrike onderwerp op te skerp. Ons probeer elke dag om ons koolstofvoetspoor so min as moontlik te maak.
“Op ’n boot is die konsep van bewaring altyd in jou gedagtes. Ons is bewus daarvan dat herwinning in groot dele van die wêreld problematies is, daarom probeer ons altyd om produkte met oormatige of onnodige verpakking te hergebruik en te vermy.”
“Ons besoek so veel skole soos ons kan om ons kultuur met hulle te deel en ons geniet dit om van ander se kultuur en gebruike te leer. Dit is hoe ons Bonga kon ontmoet en hom die geleentheid kon gee om saam met ons te seil.”
SAIL AFRICA
Craig Miller het die organisasie Sail Africa in 2008 in Durban gestig. Stad Durban het hom geborg om in die Om die wêreld-resies 2005-’06 deel te neem.
Met sy terugkeer wou hy terug in die gemeenskap ploeg en het Sail Africa begin. Die doel van die organisasie is om minderbevoorregte jeug aan seil en die see bloot te stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie