Kerwer en verwer in Swakop se strate
Swakopmund se straatkultuur bars uit sy nate met verskeie kunstenaars en hulle werk wat om elke hoek en draai te sien is.
Een van dié kunstenaars, Judith Sanib, staan al vir 13 jaar op dieselfde plek – in die stegie langs Ackermans met nog twee ander kunstenaars – altyd besig om iemand nader te roep om na hulle handewerk te kom kyk.
“Ek doen houtwerk en kerfwerk uit verskillende materiale,” vertel hy en wys na sout- en peperhouers wat uit springbokbene gemaak is. Oorbelle word weer uit volstruiseierdoppe en tarentaalvere geskep. Hy kerf ook van tafelornamente tot ringe en hangertjies uit steen, hout en been. Dis lekker om met my hande te werk. Om iets uit niks te maak en te weet dit kom van my af.” En hy het homself al dié vaardighede geleer.
Wanneer hy gaan vakansie hou in sy tuisdorp in Damaraland, dan maak hy goed bymekaar.
"Dit is meestal goed wat weggegooi is wat mense nie meer soek nie.”
Judith het ’n goeie oog vir wat ander as weggooigoed sal sien. Waar ander gemors sal sien, sien hy ’n kans op hernuwing.
Sy vrou is weer doenig met skilderwerk – van Swakopmund se sjebeens tot die kus se landskappe, diere en mense.
“Sy gebruik ook herwinbare produkte, leë bierblikkies en soms prente uit die koerant.”
Hy verkoop dan haar werk by sy stalletjie.
“Sy werk by die huis en ek staan hier,” lag hy.
“Ek maak my goed by die huis omdat dit so ’n lang proses is. Ek verkoop net hier.”
Volgens hom is dit vir toeriste lekker om te sien hoe die kunstenaars werk en hoeveel tyd en moeite in ’n produk ingesit word.
“Ons kry baie ondersteuning van die Duitse mark, maar ook van plaaslike mense,” vertel hy. Gaan maak gerus ’n draai, Judith hou van gesels en deel graag sy stories.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie