Me. Martha April (regs) is die vrou agter die Khomasdal markdag, saam met haar is me. Caroline Meyer een van die uitstallers. Foto Tanja Bause
Me. Martha April (regs) is die vrou agter die Khomasdal markdag, saam met haar is me. Caroline Meyer een van die uitstallers. Foto Tanja Bause

Khomasdal hou markdag

Tanja Bause
‘n Mark vir handgemaakte produkte word eerskomende Saterdag vanaf 08:00 by die Khomasdal-gemeenskapsaal aangebied.

Die mark wat die eerste in sy soort is, bied vir almal wat kreatief met hul hande is die geleentheid om hul produkte en talente ten toon te stel.

Me. Martha April van Martha’s BoerSeep is die vrou agter die mark.

“Die Covid-19-pandemie het baie mense geraak. Talle mense het hul werk verloor en sit nou by hul huise en maak items. Hulle het nie ’n plek waar hulle hul skeppings kan verkoop of bemark nie. Dis waar die idee van die mark ontstaan het. Sover het 62 mense tafels bespreek om hul handgemaakte items uit te stal,” het April gesê.

Me. Caroline Meyer is een van die vroue wat haar handgemaakte artikels gaan uitstal.

“Ek is opgewonde want die mark word in die plek waar ek woon gehou. Dis die eerste keer dat so ’n mark hier in ons buurt gehou word. Ek versier onder meer blikke en bottels wat dan in kombuise gebruik kan word om soos melk, suiker, tee en koffie in te bêre. Ek maak dit al die afgelope ses jaar. Dit is die grootste geleentheid wat ek nog gekry het om nie net my talent te kan bemark nie, maar ook om my goed op ’n tafel te kan sit en te kan verkoop,” het sy gesê.

Braaivleis, potjiekos en soetgoed sal ook verkoop word en springkastele sal die kinders vermaak.

Die dag is nie net vir die verkoop van handgemaakte items nie, dis ’n geleentheid vir die hele gesin om uit die huis te kom, nuwe mense te leer ken en pret te hê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!