MUSICIAN: For a mere N$20, 51-year-old Valerian Sambweko takes his music to the streets of Rundu every day with hopes of making ends meet. Photo Nikanor Nangolo
MUSICIAN: For a mere N$20, 51-year-old Valerian Sambweko takes his music to the streets of Rundu every day with hopes of making ends meet. Photo Nikanor Nangolo

Kilometers vir kos op die tafel

Toegewyde musikant
Die 51-jarige musikant Valerian Sambweko stap elke dag 20 kilometer om vir sy gesin te voorsien.
Iréne-Mari van der Walt
Nikanor Nangolo - By die Mavanze-nedersetting sowat 10 kilometer buite Rundu woon ’n toegewyde musikant wat met sy musiek die strate ingevaar het om sy drie kinders en een kleinkind te ondersteun. Valerian Sambweko (51) stap elke dag sowat 20 kilometer met sy kitaar om aan verbygangers die geleentheid te bied om sy musiek te hoor. Valerian het ’n geweldige passie vir sy musiek en sy geliefdes en vra op sy uitstappies N$20 per liedjie. Hy sing hoofsaaklik vir toeriste wat Rundu besoek en gefassineerde verbygangers om ’n inkomste te verdien.

"Ek het in my tienerjare in 1985 begin kitaar speel toe ek nog in Angola was. In 1989 het ek as gevolg van die oorlog van Angola na Namibië getrek. Die lewe was baie moeilik aan daardie kant. Ek het Namibië toe getrek met die hoop dat ek hier kan hulp kry, maar ongelukkig is dit hier ook nie maklik nie," vertel Valerian.

"Ek bly nou in die Mavanze-nedersetting waarvandaan ek elke dag Rundu toe stap met my kitaar en liedjies speel vir mense in ruil vir geld. Tydens my grootwordjare het ek altyd geweet ek is vir groot dinge bestem. Toe ek eers begin het om kitaar te speel, het ek net daar geweet ek is bestem om kitaar te speel."

Ten spyte van finansiële uitdagings bly hy optimisties en dankbaarvir die ondersteuning wat hy van sy naastes ontvang. "Ek het my eerste kitaar gekoop toe ek deel van ’n jeugkoor by my kerk was. Na ’n rukkie het die kitaar oud geword en my pastoor, Siyowo Sondaha, het vir my ’n nuwe een gegee. Ek is dankbaar vir hom en die mense wat my gehelp het om my eerste album gratis te vervaardig. Die album het my finansieël gehelp aangesien ek CD's kon verkoop," sê hy.

Valerian het tydens die Covid-19-pandemie nog ’n album gemaak.

"Zulu en ’n ander vriend, Sinawaso van Zimbabwe, het my baie in die verlede tot vandag toe gehelp sonder om iets terug te verwag. Ek is dankbaar vir al die mense wat my gehelp het. Ek wens vir hulle niks anders as sukses in die wêreld nie," het hy gesê.

"Ek is ook dankbaar vir my familie, veral my vrou wat my ondersteun het in moeilike tye. Ek sal haar nie vir enigiets in hierdie wêreld ruil nie."

Valerian het 'n beroep op die publiek gedoen om hom te help om sy droom te verwesenlik om 'n professionele musikant te word.

"Ek vra ook die regering van Namibië om my te help met my musiekloopbaan deur my met instrumente te help sodat ek kan aanhou om vir my gesin te voorsien." Nog 'n droom is om eenday sy eie konsert te kan aanbied. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!