Kilo’s vir kinders

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – “Ons kinders is die toekoms en ons glo dat hulle daarom die kans vir goeie onderrig gegee moet word.”

Met dié slagspreuk en aansporing het ouers van Pro-Ed Akademie ’n akademiese fonds gestig vir finansiële ondersteuning in terme van skoolfooie en wat leerlinge in staat stel om ten spyte van finansiële struikelblokke steeds deel van die skool en onderrig te kan wees.

Om geld vir die fonds in te samel, het ouers die voortou geneem met ’n insamelingsveldtog Kilo’s vir Kinders wat in 2017 die trotse bedrag van N$160 000 ingesamel het. Vanjaar sing die speke weer vir die fonds met 1 000 kilometer wat in sewe dae met fietse afgelê word. Die roete strek van “grens tot grens”, ofte wel van Gobabis tot in Swakopmund en dek grond- en “agterpaaie” met teer- en hoofpaaie wat vermy word.

Die vier fietsryers, JD Engels, Claudia en Fanus Bredenhann en Anri Parker wat ook al die moordende Munga-uitdaging gewen het, het Sondag by Buitepos weggespring en sal na verwagting eerskomende Sondag in Swakopmund aankom.

Volgens Pro-Ed Akademie se uitvoerende hoof, Christiaan Grobler, is dit ouers wat ry “en ook die hulpfonds dryf vir dié ouers wat finansieel swaarkry”.

’n Kompetisie vorm ook deel van Kilo’s vir Kinders en waarin van lodges tot gastehuise pryse vir ’n gelukstrekking borg. Persone wat ’n skenking aan die fonds doen, vorm outomaties deel van die trekking.

Vir besonderhede oor waar en hoe om die hulpfonds finansieel te ondersteun, kan Yolandie Murray-Fourie by 081 180 0071 gekontak word.

Inligting is ook op die Facebookblad Kilo’s vir Kinders beskikbaar waar die fietsryers se vordering gereeld gedeel word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!